Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us

Griekwas skryf geskiedenis met Curriebeker-triomf

Posted on September 22, 2025September 22, 2025 By The Editor
Sport

Deur Isaac Cloete

Springbok: – Die Suzuki Griekwas het Saterdag op Ellispark vir ’n sprokiesmoment gesorg toe hulle die Curriebeker-eindstryd teen die Fidelity ADT Leeus met 27-25 in beseringstyd gewen het.

Vir die Noord-Kaap, waar rugby diep in die gemeenskap se are vloei, het dié oorwinning nuwe hoop en trots laat ontvlam. Die laaste keer dat die Griekwas die gesogte trofee kon lig, was in 1970 – byna 55 jaar gelede.

Naelskraap oorwinning

Teen rustyd was die Leeus 17-14 voor en het dit gelyk asof die eindstryd in enige rigting kon draai.  In die tweede helfte het beide spanne alles ingesit. Met slegs twee minute oor, was die Leeus steeds 25-24 voor en op die rand van ’n titelviering.

Die drama het egter in die doodsnikke afgespeel.

’N strafskop aan die Leeus se kant is deur die televisie-skeidsregter hersien en omgedraai. George Whitehead, die Griekwas se losskakel, het die beslissende drie punte oorgeklits en só ’n historiese triomf vir sy span verseker.

Leiers se reaksie

Monte Engelbrecht van Springbok, President van Griekwas Rugby sedert 2020, kon sy trots kwalik beteuel:

“Harde werk, integriteit en toewyding lê agter hierdie sukses.  Ons deel ’n visie van uitnemendheid, met die Suzuki Griekwas as die Provinsiale vlagdraer,” het hy gesê.

Hy het die bestuur, afrigters, spelers, personeel en ondersteuners bedank vir hul volgehoue ondersteuning. Engelbrecht het ook teruggedink aan 2022 toe die Griekwas die eindstryd 19-26 teen die Pumas verloor het.

“Dít maak hierdie oorwinning nog meer spesiaal.  Dit is nie net vir Kimberley nie, maar vir die hele Noord-Kaap.  Ons wil die beker by verskillende streke uitneem sodat almal saam in die triomf kan deel,” het hy bygevoeg.

Trots uit Namakwaland

Uit Springbok het Engelbrecht besondere lof ontvang. Pietie Cloete, bestuurslid van die Desert Daisies rugbyklub, het gesê:

“Ons is trots op Monte.  Hy is die eerste een van ons Namakwalanders wat die Curriebeker so omhoog gehou het.”

Nuwe hoop vir die Provinsie

Vir Noord-Kapers simboliseer die oorwinning meer as net ’n sportprestasie. Dit het ’n gevoel van nuwe hoop gebring – dat rugby die provinsie op verskeie vlakke vorentoe kan neem.  Met dié vierde Curriebeker-titel, en die eerste in meer as ’n halfeeu, is die Griekwas besig om hul eie plek in Suid-Afrika se rugbygeskiedenis weer opnuut vas te skryf.

Foto’s – Google.com 

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: Baby’s Body Discovered in Plastic Bags Near Khayelitsha Train Station
Next Post: 8 Jarige Seksueel Aangerand by Laerskool ❯

You may also like

Community
“Help Leander Achieve His Dream – Every Contribution Counts!”
February 18, 2025
Sport
Paasfees Toernooi Bring Groot Vreugde
April 20, 2026
Sport
Athletic Success
April 6, 2025
Community
SMS COMPETITION – LAST FEW DAY’S…!
February 5, 2026

Recent Posts

  • Police Make Breakthrough in Samora Machel Church Robbery
  • Hopefield Rugbyklub en Phelan Green Group Vennootskap
  • BYBELKLAS” ONNIE VAN VIOOLSDRIFT GEVONNIS
  • Residents Demand Answers on Water Risks, Biodiversity Loss & Opaque
  • City of Cape Town Finance Mayco Member’s Home Raided

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • June 2026
  • May 2026
  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown