Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us

Gemeenskap Steeds in Skok

Posted on October 8, 2025 By The Editor
Community

Na nog ’n verkoolde lyk in Macassar gevind was.

Berig – George April

MACASSAR:-  Die gemeenskap van Macassar is weer in skok ná die grusame ontdekking van ’n verkoolde liggaam in Kramatstraat op Saterdagoggend.

Die ontstellende vonds is minder as ’n week ná ’n vorige moord in dieselfde area gemaak, wat inwoners laat vrees dat Macassar vinnig in ’n misdaadbrandpunt verander.

Gemeenskapsleier en Wykskomiteelid vir Veiligheid, Mark Baardtjies, sê die jongste voorval het inwoners ontsteld en bang gelaat.

“Dis nou die tweede liggaam wat in minder as ’n week hier gevind word. Ons strate raak gevaarlik en dit voel asof misdadigers die gebied as ’n stortplek vir liggame gebruik,” het hy gesê.

Hy doen ’n dringende beroep op SAPS om meer patrollies te hou en sigbaarheid te verhoog voordat nóg lewens verlore gaan.

Polisiewoordvoerder Sers. FC Van Wyk het bevestig dat ’n moordondersoek aan die gang is.

“Polisie is na die toneel ontbied waar die gemeenskap die liggaam van ’n onbekende man in ’n veld ontdek het wat aan die brand gesteek is. Die slagoffer was reeds dood en verbrand tot onherkenbaarheid,” het Van Wyk gesê.

Inwoners sê hulle is moeg vir vrees en eis dat die owerhede vinnige optrede neem om hul buurt weer veilig te maak.

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: Police Seek Information After Triple Murder in Gugulethu
Next Post: Police Appeal for Information after deadly Gugulethu shooting ❯

You may also like

Community
Illegal Firearms and Explosives Seized in West Coast Raids
May 30, 2025
Community
Swift Action by Off-Duty Officer
August 18, 2025
Community
Cape Town Gang Violence Escalates
February 20, 2025
Community
Tragedie aan die kus – Jong paartjie se Visvang Uitstappie eindig in hartseer by Tietiesbaai
October 8, 2025

Recent Posts

  • Protesters March Through Sea Point
  • Weskus – Jeug, saam met Piketberg Jeugspan
  • Support Kiarah Daniels
  • Police Make Breakthrough in Samora Machel Church Robbery
  • Hopefield Rugbyklub en Phelan Green Group Vennootskap

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • June 2026
  • May 2026
  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown