Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us

Vyf vandag in Villiersdorp hof

Posted on October 27, 2025 By The Editor
Community

Ná Vuurwapen – en Ammunisie Inhegtenisneming 

Verslaggewer – Felicity Jooste

Villiersdorp:-  Die waaksaamheid van lede van die Villiersdorp Misdaad voorkomingseenheid, het Vrydagmiddag gelei tot die arrestasie van vier mans en ’n vrou, nadat ’n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie in hul besit gevind is.

Volgens polisiewoordvoerder was lede van die eenheid besig met misdaadvoorkomings patrollies, toe hulle ’n voertuig teen ’n hoë spoed op die R321-pad opmerk.  Die voertuig is gevolg en tot stilstand gedwing.  Tydens die deursoeking van die voertuig en die insittendes, het beamptes ’n 9mm-pistool met 23 patrone in die kattebak ontdek.

Die verdagtes is onmiddellik in hegtenis geneem en het vanoggend  in die Caledon-landdroshof verskyn, op aanklagte van die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie.

In ’n onverwante voorval is ’n 21-jarige man Vrydagaand deur lede van die Anti-Bendes-eenheid in hegtenis geneem,  nadat hulle ’n 9mm-pistool en ammunisie in ’n sak binne ’n informele woning in Mountain Road, Overcome Heights gevind het.

Die jong man staan tereg op aanklagte van die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie en sou na verwagting vandag in die Muizenberg-landdroshof verskyn het.

SAPD het die publiek bedank vir hul voortdurende samewerking en het herhaal dat hulle vasbeslote bly om onwettige wapens van die strate te verwyder.

#GunsOffTheStreets #VisiblePolicing #Villiersdorp

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: Crime Watch – Fake E-Hailing Calls & Rising Vehicle Theft Alarms
Next Post: Milnerton Hoërskool Skok ná Geweldsvoorval ❯

You may also like

Community
Suspect Fatally Shot in Nyanga
August 6, 2025
Community
Pastor Accused of Sexual Abuse
February 5, 2025
Community
Police Launch Murder Probe
November 15, 2025
Community
Water Supply Disruption – Parts of Fish Hoek, Masiphumelele, Sun Valley & Sunnydale
October 2, 2025

Recent Posts

  • Van Beskuldigings tot Verwelkoming
  • Verpleegsters by Springbok-Hospitaal Slaan Noodalarm
  •   Exciting Opportunities Ahead –  WCSS Prepares
  • BERGRIVIER MUNISIPALITEIT SE SUKSES
  • Western Cape Police Crack Down

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • June 2026
  • May 2026
  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown