Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us


 Hopefield Ouers Eis Geregtigheid

Posted on January 16, 2026January 16, 2026 By The Editor
Community

Plaaslike Kinders Uitgesluit van Hoërskool Hopefield – Ten Spyte van Oorskot aan Aansoeke

CCN Nuus

Hopefield:-  In die historiese kusdorp Hopefield, waar Hoërskool Hopefield (HSH) sedert 1855 as ‘n trotsentrum vir die Weskus bekend staan, woed ‘n groeiende krisis rondom toelatings.

Plaaslike leerders, wat letterlik binne loopafstand van die skool woon, word stelselmatig toelating geweier, terwyl Hoërskool Hopefield oorskot aan aansoeke ontvang en leerders van buite die dorp inneem – insluitend uit Vredenburg, Saldanha, St. Helenabaai en selfs uit die Kaapse Skiereiland.

Volgens ouers en die Hopefield Gemeenskap Forum kry meer as 200 plaaslike kinders nie toegang tot HSH nie, ondanks die skool se bestaan in hulle eie gemeenskap.  Die skool vervoer daagliks leerders van omliggende dorpe in, terwyl Hopefield se eie leerders van Hopefield Primêr elders moet aansoek doen.  “Ons kinders word daagliks getraumatiseer deur ure-lange reise per taxi, na skole soos Weston Senior Sekondêr in Vredenburg, waar byna 200 Hopefield-kinders nou skoolgaan,  34 kinders  in die koshuis,  en die res wat R1 300 per maand aan vervoer spandeer,” sê ‘n betrokke ouer.

Een ma, wie se dogter letterlik langs die skool woon, het selfs aangebied om ekstra fooie te betaal, maar is geweier. “Dis asof kinders beoordeel word op onduidelike gronde,  akademiese punte, taalvaardigheid of verpligte onderhoude waar ouers en kinders saam voor die skoolhoof en beheerliggaam-voorsitter moet verskyn,” vertel ‘n ouer anoniem uit vrees vir reperkussies. Ouers beskryf die proses as diskriminerend en onkonsekwent, met bewyse dat reëls nie eweredig toegepas word nie.

Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD) se beleide gee die skoolbeheerliggaam (SKL) die finale beslissing oor toelatings, in lyn met die Suid-Afrikaanse Skolewet. HSH se eie beleid prioritiseer faktore soos “natuurlike voedingsgebied”, prestasies, busroetes en koshuisbehoeftes, sonder verpligte prioriteit vir plaaslike kinders, aangesien daar geen amptelike feeder zones vir hoërskole in die Wes-Kaap bestaan nie. Die skool was vir 2025 heeltemal oorskryf, en aansoeke vir 2026 het vroeg gesluit weens oorvloedige belangstelling.

Die gevolg is ‘n breër Weskus-krisis: Kinders sit sonder plek, selfs ná kontak met skole soos Moorreesburg Hoërskool (wat meer as 50 Hopefield-kinders aanvaar het, maar nou vol is). Die WKOD verskaf geen busvervoer vir plaaslike kinders nie, aangesien ‘n plaaslike hoërskool bestaan, ‘n beleid wat kritici beskuldig van die ontduiking van verantwoordelikheid.

George April, voorsitter van die Hopefield Gemeenskap Forum, sê: “Die WKOD kan nie langer beleide gebruik om plaaslike leerders te benadeel nie.  Dis tyd vir dringende ingryping om kapasiteit uit te brei en prioriteit aan plaaslike kinders te gee. Ons kinders se onderwys en welstand is op die spel.”

Die Forum doen ‘n dringende oproep aan ouers: Staan op, teken petisies, dien klagtes in by die WKOD, en kontak April by WhatsApp 067 074 5040 om getalle van ongeplaasde kinders te registreer. Vorige hofsake het getoon dat gemeenskapsdruk kan lei tot veranderinge, soos kapasiteitsuitbreiding of beter plasing.

Hopefield se kinders verdien toegang tot hulle eie skool se uitnemendheid – sonder om daagliks op teoffer vir ‘n stelsel wat hulle uitsluit. Die gemeenskap sê nou genoeg is genoeg. CCN sal die storie opvolg met reaksies van die WKOD en HSH.

*Ouers met ongeplaasde kinders word versoek om George April by 067 074 5040 te kontak vir ‘n akkurate telling.*

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: Bewerings van moontlik Onwettige & Onbillike Uitsetting
Next Post: Skokkende 639 Onnatuurlike Sterftes ❯

You may also like

Community
Ryloop Eindig met Dood in Wolfgat – Reservaat
July 16, 2025
Community
Stolen Vehicle Recovered – Suspect Arrested in Mitchell’s Plain
September 4, 2025
Community
Why Industrial Scale Energy Projects are Places Far from Cities
April 19, 2025
Community
Nege Verdagtes vasgetrek in Atlantis
April 16, 2026

Recent Posts

  • EXCLUSIVE: Judge Sulet Potterill Assisted Keith Keating to Loot R768 Million from SAPS
  • Justice Delayed – Justice Denied?
  •  Delft-ma kla polisie aan
  • Nege Verdagtes vasgetrek in Atlantis
  • EFF Leader – Julius Malema

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown