DA-beheerde Munisipaliteit Rem Bruin Gemeenskap in Hopefield Persoonlik
Stigter & voorsitter: George C April
West Coast Sports Solutions NPO
Hopefield:- Terwyl ons as organisasie probeer om fondse in te samel vir ’n veilige swembad (of ten minste ’n tennisbaan) vir ons kinders, word ons stelselmatig deur die Saldanha Bay Munisipaliteit geblok en verneder.
Die Hopefield Bloekomfees word al vir drie maande beplan vir Saterdag 16 Mei 2026 by die Ronnie Louw Sportgronde. Die doel is om fondse in te samel vir ’n veilige sport- en swemfasiliteit vir ons kinders, wat tans in ’n gevaarlike, besoedelde rivierdam moet swem.
Ten spyte van vroeë aansoeke en herhaalde opvolg, het die munisipaliteit die afgelope dae die organisasie herhaaldelik gekniehalter:
Hulle het ons meegedeel dat ons nie ’n verhoog op die rugbyveld mag oprig nie, ondanks ’n professionele ontwerp wat geen skade aan die gras doen nie.
Woensdag is daar skielik ’n “redelike bedrag” gevra om die event te mag adverteer.
Vanoggend is bevestig dat die gemeenskapsaal nie beskikbaar is vir die talentvertoning op Vrydag 15 Mei nie.
Dit terwyl ’n ander organisasie uit Kaapstad einde verlede jaar dieselfde saal sonder probleme en met minimale vrae toegestaan is. Dié betrokke organisasie het geen bande met enige inwoner van die gemeenskap nie.
Die direkteur het blykbaar op navrae deur ‘n Munisipale werker vanoggend, gesê dat ek nie in my navrae gesê het waar ons beplan om swembad te bou nie. Waarom nie net in ‘n skriftelike reaksie daardie vraag gevra nie? Dieselfde vraag wat borge gevra het, en waarvoor hulle tevrede was met die antwoorde.
Intussen stroom navrae in ten spyte van al die hindernisse, ontvang ons elke dag oproepe en boodskappe van jongmense wat wil deelneem aan die wedlope, van so ver as Matzikama tot Kaapstad. Hopefield-inwoners is opgewonde oor die wedlope, kunstenaars en talentvertonings wat gaan plaasvind. Mense wil kom hardloop, wil kom deelneem en wil deel wees van iets positiefs.
Dit voel nie meer na normale administratiewe prosesse nie.
Dit voel persoonlik.
Dit voel asof ek as bruin gemeenskap leier van Oudekraalfontein -Hopefield doelbewus ge-target word omdat ek opstaan vir ons mense.
Ons bruin jeug is in gevaar
Ons jeug verdrink in werkloosheid, skoolverlating, dwelms en misdaad. In plaas daarvan om inisiatiewe soos ons s’n te ondersteun wat jeug wil uplift deur sport en talent, word hindernisse geskep.
Ons is ’n geregistreerde NPO sonder winsmotief. Ons soek nie spesiale guns nie, ons soek net billike, professionele behandeling soos ander organisasies in dieselfde munisipaliteit kry.
Die vraag wat nou by baie bruin inwoners van die Saldanha Bay-munisipale gebied moet ontstaan:
Waarom word bruin gemeenskappe en diegene wat vir hulle opstaan so konsekwent teengewerk deur ’n DA/VF+-beheerde munisipaliteit?
Ons sal nie Langer kan stilbly nie.
Ons kinders verdien beter as dit.
George C April
Stigter en Voorsitter
West Coast Sports Solutions NPC (Reg. 281-169)

