Nadat sy wreeds deur haar polisie – kêrel vermoor was
Verslaggewer – Isaac Cloete
GARIES:- Dis die smeekgebede van hartseer inwoners van n dorpie, Garies, in die Kamiesberge na die wrede dood van n jong vrou.
Farren Maarman (27) het Sondagoggend wreed gesterf na n stryery met haar polisiekêrel, volgens inwoners hier. Hy het haar glo eers omgery en later weer oor haar gery, word hier vertel. Hulle glo dis moord en niks anders nie.
Die polisie-woordvoerder, op Springbok, kapt Ivan Magerman, het aanvanklik vertel dat hy nie bewus is nie van n brutale moord nie. Hyt verder vertel dat die Garies-polisie ook nie n wrede moord aangemeld het nie.
Hy het wel later n polisieverklaring gestuur wat lui:
“Die Garies-polisie ondersoek n saak van strafbare manslag na aanleiding van ‘n voorval wat op 11 Oktober 2026, om ongeveer 00:00, in die Hoofstraat, te Garies, plaasgevind het. “By hul aankoms op die toneel het lede op die liggaam van ‘n vrou afgekom wat langs die voertuig gelê het.”
Volgens Magerman het die beskuldigde Maandag op Springbok in die hof verskyn.
Die saak was later na die Garieshof tot Donderdag toe uitgestel. Die ander klagte wat die polisieman in die gesig staar, is die bestuur van n voertuig onder die invloed van drank.
Die onafhanklike polisie direktoraat (OPOD) was ook al oor die voorval in kennis gestel, het Magerman verder gesê. Intussen is inwoners op Garies boos, hartseer, woedend en soek hulle geregtigheid.
Hulle beplan n groot teenwoordigheid by die Garieshof op Donderdag.
Al wat hulle soek is, geregtigheid vir hulle geliefde Farren… iemand wat haar lewe baie wreed verloor het aan die hand van n geregsdienaar wat veronderstel is om ander te beskerm, volgens haar familie. Dwayne Dwayne het gesê dat hy vir Maarman goed geken het:
“Sy was n mense-mens gewees met n baie vriendelike persoonlikheid.
‘N baie lieflike persoon met die wêreld se vriende.”

