Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us

‘N Slikdam van Mynmaatskappy Dreigende Bom

Posted on October 26, 2026October 26, 2026 By The Editor
Headline
Verslaggewer – Isaac Cloete
NAMAKWALAND:- ‘N ou mynskag is tans n groot besprekingsount op die plattelandse dorpie Okiep, sowat ses kilometer, suidwaarts buitekant Springbok in Namakwaland.

Volgens bekommerde inwoners het die mynskag in n groot gat ontwikkel waarin tans water opgegaar lê. Die water bevat kopersuur en  dreig om tussen die huise te beland as die walle bars en n soort oorstroming kan veroorsaak.

Tans is dit n soort slikdam van die destydse Okiep Copper Company (OCC)  het n inwoner,  Benito Abrahams, onlangs in ‘n video opname vertel.

“Lank voordat die water uit die ou myndam begin stroom het, het inwoners van Okiep reeds die gevaar aangemeld. “Hulle het briewe geskryf, die stygende watervlak dopgehou en ‘n vreedsame optog begin organiseer nadat die Nama Khoi-munisipaliteit (NKM) nie op hul skrywes gereageer het nie.

“Die optog is uitgestel nadat die munisipaliteit ‘n vergadering aangevra het.”

Volgens hom was die gevaar van die dam op 28 September bespreek en het die NKM verantwoordelikheid erken en onderneem om die druk op die damwal te verlig. Daar was egter geen sigbare optrede nie en stroom die suurhoudende water al geleidelik uit die dam uit.

Die Vrye, Voortdurende en Vooraf Toestemming gemeenskapsbeweging (VVVT) het intussen besluit om die Okiep-gemeenskap te ondersteun.  Hulle glo daadwerklike optrede is nou prioriteit.

Intussen was n beplande opelug- vergadering, op 22 Oktober, met die Okiepgemeenskap en die NKM afgestel. Hieroor is die VVVT asook die gemeenskap baie ongelukkig.

Hulle vrees dat daar eers n ramp by die slikdam gaan plaasvind, voordat die plaaslike owerhede na hulle oproepe gaan luister.

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: HOPEFIELD – VERGADERING ONTWRIG
Next Post: Western Cape Taxi Violence Unit Team Making Inroads ❯

You may also like

Headline
Off-Duty Police Sergeant Shot Dead
January 20, 2026
Headline
Former SARS Employee & Tax Practitioner Jailed for Vat Fraud
November 24, 2025
Headline
Extreme Heat & Damaging Winds Warning
March 12, 2025
Headline
Gunfire Echoes Freely Across the Cape Flats
July 5, 2025

Recent Posts

  • HOPEFIELD SE KRISES
  • Hopefield’s Children Still Needs Us
  • Delft Residents Raise Alarm Over Early -Mornings Robberies
  • Two Suspects in Police Custidy
  • CAPE TOWN’S R2 BILLION ELECTRICITY TARIFF DISPUTE

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • November 2026
  • October 2026
  • September 2026
  • August 2026
  • July 2026
  • June 2026
  • May 2026
  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown