Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us

PA EN ANC IS HAAKS OOR KOALISIE- VORMING.

Posted on November 11, 2026November 11, 2026 By The Editor
Headline

Verslaggewer – Isaac Cloete

NOORDKAAP:- Op dié stadium lyk dit  nie asof die Patriotic Alliance (PA)hulle deur die African National Congress (ANC) gaan laat voorsê nie.Hierdie afleiding word gemaak nadat beide genoemde politieke partye by die Dawid Kruiper munisipaliteit (DKM), op Upington, basies kop aan kop gekom het in die onlangse plaaslike verkiesing.

Dit het tot samesprekings en samewerking gelei om ’n koalisie te vorm.

Die ANC soek die pos van die burgemeester, maar die PA sien nie kans hiervoor nie. Hulle soek ook hierdie strategiese pos en voer aan dat die ANC nie met so n “red-tape” oor hierdie pos moet kom nie.

“Ons het ons kiesers  belowe dat ons na hulle belange sal én moet kyk. “Dus gaan ons nie so maklik afstand doen van hierdie beloftes nie.”

Hierdie verwikkelinge het daartoe gelei dat die Demokratiese Alliansie (DA) en die VryheidsFront Plus VF+ moontlik in n koalisie kan gaan met die PA by die DKM.

Die DA en ANC het beide 14 setels, terwyl die PA vier setels en die VF+ een het. So, indien die PA nie met die ANC n koalisie kan vorm nie, kan die DA en VF+ en  die PA met die munisipaliteit wegstap.

Intussen lyk ’n herverkiesing in Upington ook ’n moontlikheid indien genoemde partye nie binne die volgende paar weke tot ’n vergelyk of ooreenkoms kan kom nie.

Die PA en DA gaan na verwagting binnekort ook ‘n sitting het om te kyk of   hulle tog kan saamwerk. Die PA het intussen n “koalisie-komitee” van vyf persone in Kaapstad aangestel om namens hulle te onderhandel oor koalisie-vormings in die Noord-Kaap en ander provinsies.

Alhoewel die president van die PA, Gayton McKenzie, vroeër slegs genoem het dat die PA waarskynlik met die ANC in die bed gaan spring by die DKM, lyk dit tog dat die PA nou na hulle kiesers se oproepe en voorkeure gaan luister. Tydens ‘n “live”-gesprek met PA-lede en kiesers op sosiale media het McKenzie bevestig dat hy eerder in die opposisiebanke gaan sit as om voor die ANC se eise te swig.

Hy het ten laaste sy kiesers en lede versoek om eerder reg te wees vir n herverkiesing in die Upington-area.

Foto – verskaf

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: Ses Stormers-spelers in Bok-span
Next Post: Riethuisie vergaan – 100+ werkloos, 80% werkloosheid ❯

You may also like

Headline
Dringende Misdaad Waarskuwing
July 15, 2026
Headline
Uber Ride from Hell
September 3, 2025
Headline
City of Cape Town Finance Mayco Member’s Home Raided
June 8, 2026
Headline
Strandfontein Woman Nabbed in Wynberg Court Hit
April 14, 2025

Recent Posts

  • Riethuisie vergaan – 100+ werkloos, 80% werkloosheid
  • PA EN ANC IS HAAKS OOR KOALISIE- VORMING.
  • Ses Stormers-spelers in Bok-span
  • Calvinia ‘Loan Shark’ Swaar Beboet 
  • “Voting is Over”

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • November 2026
  • October 2026
  • September 2026
  • August 2026
  • July 2026
  • June 2026
  • May 2026
  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown