Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us

Geen verandering vir Kamiesberg nie?

Posted on November 20, 2026 By The Editor
Headline

Verslaggewer – Isaac Cloete

NOORDKAAP:- Dit lyk asof  daar weinig veraneringe gaan plaasvind by die Kamiesberg munisipaliteit (KBM) ten spyte van ‘n “positiewe verkiesing” hier.

Dis die afleiding wat vele vuisvoos en bekommerde inwoners op Garies maak nadat die ANC nie n volstrekte meerderheid in die afgelope verkiesing kon behaal nie.

Volgens n aktivis van die omgewing, Vernon Swartz, het vreugde vure hoog gebrand omdat daar aanvanklik geglo was dat die beheer nou genadiglik uit die onbetroubare hande van die ANC kan kom weens n onafwendbare koalisie-vorming.

Hy het gesê:

“Die KBM het elf setels, waarvan die ANC net vyf gewen het.

“As partye soos die DA, PA en die PMC saamstaan, dan moet die ANC in die opposisie -banke sit.”

Die ANC het twee wyke gewen en het drie PR-raadslede. Die DA het vier wyke gewen en die PA het een PR raadslid en die People’s Movement for Change (PMC) een wyksraadslid.

Dit het intussen aan die lig gekom dat die PMC van Marius Fransman glo met die ANC gaan saamwerk sodat die ANC die beheer by die KBM kan behou.

Hieroor is inwoners, maar veral kiesers, van die PMC kwaad en moeilik. Hulle voel dat Fransman hulle omgekoop en mislei het.

Laasgenoemde het voor die verkiesing wyd en syd verkondig dat die ANC “uitgewerk” moet word sodat die beheer van die KBM aan ander partye kan gaan.

By navraag het Fransman gesê dat hy en sy komitee nog gaan besluit wat hulle moet doen.

“Daar is verskeie gerugte oor wat ek moet doen.

“Ons gaan besluit of ons ons saam met die ANC of saam met die DA en ander partye moet werk.”

Intussen vertel inwoners dat Fransman nie weer sy voet op Garies of die Kamiesberg moet sit nie.

“Ons op Garies is hartseer in rou en boos.
“Marius Fransman het ons verraai en uitverkoop.
“Ons het dan juis gestem om die ANC uit te kry.”

Hulle het verder vertel dat hulle hul eie geld, bokke en selfs kosgeld gebruik om lede vir die PMC te werf.

“N ander inwoner het gesê:

“As Fransman hierdie besluit geneem het, is dit politieke selfmoord vir ons area, wat vir so lank gebuk gegaan het onder swak, onbevoegde en wanadministrasie van ons munisipaliteit.”

n Voormalige raadslid by die KBM, Dawid Markus, wou weet wat Fransman se plan is.

“Ek is nie tevrede met n ANC- koalisie nie, want is meer in die hof as buite.”

Die afgelope jare sukkel die KBM met duur hofsake, korrupsie en finansiële onstabiliteit. Hulle munisipale bestuurder en speaker is tans gewikkel in kriminele hofsake wat die munisipaliteit ongekende negatiewe publisiteit besorg het.

Fransman was voorheen n gesoute ANC-lid, maar hulle paaie het geskei omdat die ANC vir Fransman vroeër beskuldig en aangekla het van onwelvoeglike gedrag.

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: BOK FRIDAY: FOUR-TIME WORLD CHAMPIONS
Next Post: Kersefontein: Geskiedenis, familie ❯

You may also like

Headline
Multiple Wildfires Rage Across Cape Winelands & Overberg Regions
January 9, 2026
Headline
Fadiel Adams Weer in die Spervuur
December 10, 2025
Headline
Kelly Smith – Trane vloei
March 11, 2025
Headline
High Court Grants Bail to 10 Anti-Gang Unit Members
January 30, 2026

Recent Posts

  • Kersefontein: Geskiedenis, familie
  • Geen verandering vir Kamiesberg nie?
  • BOK FRIDAY: FOUR-TIME WORLD CHAMPIONS
  • Plaaswerkers op Leeurivier nog steeds sonder krag
  • POLICE SEIZE 3 799 ILLEGAL FIREARMS

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • November 2026
  • October 2026
  • September 2026
  • August 2026
  • July 2026
  • June 2026
  • May 2026
  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown