Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us

Click Here or on the picture to read more.

Fadiel Adams Weer in die Spervuur

Posted on December 10, 2025December 10, 2025 By The Editor
Headline

Parlement Skors NCC-LP  vir 20 Sittingsdae Ná Privaatheidskending

CCN Nuus

Kaapstad: –  In ‘n dramatiese wending wat die spanning tussen opposisiepartye in die Suid-Afrikaanse Parlement verder opdryf, is Fadiel Adams, parlementslid vir die National Coloured Congress (NCC), vir die tweede keer in 2025 deur die wetgewende liggaam berispe. Hierdie keer kom die skorsing ná hy persoonlike inligting van ‘n stafmedewerker van die Demokratiese Alliansie, (DA) sonder toestemming op sosiale media gepos het.

‘N skuif wat as ‘n direkte aanval op privaatheid en waardigheid beskou word.

Die saak het begin met formele klagte deur DA-hoofswep George Michalakis, wat Adams se optrede beskryf het as ‘n “aanval op waardigheid, die reg op privaatheid en die reg om persoonlike inligting veilig en beveilig te hou”. Michalakis het geargumenteer dat die verspreiding van die staf medewerker se private besonderhede nie net etiese grense oorskry het nie, maar ook die parlementêre kode van gedrag oortree het.  Volgens Michalakis pesifiek dié post wat op sosiale media-gebruik en reguleer was.

Ná ‘n deeglike ondersoek het die Gesamentlike Komitee vir Etiek en Lede se Belange bevind dat Adams inderdaad die kode geskend het.  Die komitee het ‘n streng sanksie opgelê:  Adams moet ‘n formele verskoning in die Huis lewer, end at sy salaris vir 20 dae gedok word, en hy word vir ‘n periode van 20 sittingsdae geskors van deelname aan parlementêre debatte en komiteewerk. Dit beteken Adams sal vir ongeveer ‘n maand afwesig wees van kritiese parlementêre aktiwiteite, afhangende van die sittingskedule.

Volgens ‘n politieke ontleder, ‘n aansienlike slag vir die NCC, wat reeds worstel om sy stem in die opposisie te laat geld.

Hierdie is nie Adams se eerste oortreding nie. Vroeër in Julie 2025 is hy reeds berispe vir ‘n vulgêre, ras- en seksueel aanstootlike video-rantel teen ‘n vroulike DA-lid.  Daardie voorval het golwe van verontwaardiging veroorsaak en vrae laat ontstaan oor Adams se geskiktheid as ‘n openbare verteenwoordiger. Kritici binne en buite die Parlement argumenteer nou dat hierdie herhaalde etiese lapses ‘n patroon aandui, terwyl ondersteuners van Adams dit afmaak as politieke teistering deur die DA.

“Dis ‘n skande dat ‘n parlementslid so roekeloos met mense se privaatheid omgaan,” het ‘n DA-bron anoniem aan CCN gesê. “Maar dit wys ook die noodsaak vir strenger reëls op sosiale media in die politiek.” Adams het nog nie publiek op die sanksie gereageer nie, maar bronne naby hom dui aan dat hy van plan is om die verskoning te lewer sonder verdere protes.

Hierdie voorval beklemtoon die groeiende kommer oor sosiale media se rol in die politiek, veral in ‘n land waar persoonlike aanvalle en privaatheid skendings al hoe meer algemeen word.

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: When Crime Becomes Culture – Where Are We Heading?
Next Post: Viral Post Sparks Heated Debate Over DA’s Two-Decade Rule ❯

You may also like

Headline
  Massive R115 Million Counterfeit Goods Seizure in Bellville Crackdown
December 17, 2025
Headline
Breaking News – Springbok Police Strike Hard
September 12, 2025
Headline
VF Plus Backs Sapoa’s Legal Action
July 21, 2025
Headline
Groot Klopjag op Onwettige Immigrante en Gekaapte Geboue
July 3, 2025

Recent Posts

  •  Hopefield Ouers Eis Geregtigheid
  • Bewerings van moontlik Onwettige & Onbillike Uitsetting
  • SA Rand hits Multi-Year Hight
  • Motsepe se Maatskappye soek hofbeskerming teen $195 miljoen – eis uit VSA
  • Gemeenskappe keelvol vir misdaad

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown