Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us

Vier Dood by Tavern in Khayelitsha

Posted on November 23, 2026 By The Editor
Headline

 – Kaapse Vlakte se bloedige naweek gaan voort ondanks weermag en polisie

CCN Verslaggewer – Felecity Jooste

KAAPSTAD:-  Vier mans is dood en vyf ander beseer toe gewapende mans Saterdagaand ’n tavern in Greenpoint, Khayelitsha, binnegestorm en losgebrand het.Die voorval is deel van ’n voortdurende golf van moorde op die Kaapse Vlakte wat aanhou, selfs terwyl die weermag en verskeie polisiestrukture in die gebied ontplooi is.

Volgens die polisie het ’n onbekende aantal skieters omstreeks 23:30 Saterdag 21 November die tavern in Hlobe Street binnegegaan en verskeie skote afgevuur.  Vier mans is op die toneel dood verklaar.  Vyf ander mense is na hospitale geneem. Die verdagtes het glo ’n voertuig by die toneel gehijack en daarmee gevlug.

Die voertuig is later ’n paar kilometer verder verlate gevind.

Provinsiale speurders van die eenheid vir ernstige en gewelddadige misdade ondersoek sake van moord en poging tot moord. Geen arrestasies is nog gemaak nie.  Die Wes-Kaapse polisiekommissaris,  lt.genl. Sizakhele Dyantyi, het Sondag die toneel besoek.

Dieselfde naweek is nog meer lewens geëis.  In Joe Slovo, Milnerton, is een man doodgeskiet en twee ander gewond in ’n vermoedelik taxi-verwante skietery Saterdagoggend by die hoek van Freedom- en Democracy Way. In Lavender Hill is ’n 10-jarige seun in die bors geskiet terwyl hy saam met vriende buite gespeel het in Arundel Court.

Hy is hospitaal toe geneem, terwyl die verdagte  gevlug het.

Hierdie voorvalle beklemtoon weer eens die harde realiteit op die Kaapse Vlakte: massamoorde, taxigeweld en skieterye waar selfs kinders getref word, gaan onverpoosd voort.

Ondanks die teenwoordigheid van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, die polisie se Anti-Gang Unit, Taxi Task Team, ernstige en gewelddadige misdaadeenhede, en verhoogde ontplooiings, bly gemeenskappe soos Khayelitsha, Lavender Hill, Joe Slovo en ander gebiede op die Vlakte onder beleg van gewapende geweld.

Inwoners en gemeenskapsleiers vra al lank vir sigbare resultate.  Die dood van vier mans in ’n tavern, die skietery van ’n 10-jarige seun en die voortdurende taxi-verwante moorde wys dat die huidige strategieë nie die bloedvergieting stop nie.

Die polisie doen ’n beroep op die publiek om enige inligting deurgegee. Kontak Crime Stop by 08600 10111 of gebruik die MySAPS-toepassing. Inligting word streng vertroulik hanteer.

CCN sal hierdie ontwikkelings volg.

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: SPRINGBOKS: A WORLD-CLASS TEAM WITHOUT A PLAN?

You may also like

Headline
Cape Flats in Crises – 16 – Year Old Boy Gunned Down
July 10, 2025
Headline
“Wrong Place, Wrong Face
June 30, 2026
Headline
Arrestasie ná dodelike Malmesbury skietery
July 13, 2026
Headline
Western Cape Schools
June 23, 2025

Recent Posts

  • Vier Dood by Tavern in Khayelitsha
  • SPRINGBOKS: A WORLD-CLASS TEAM WITHOUT A PLAN?
  • Vliegtuig met R197-Miljoen Dwelms
  • Kersefontein: Geskiedenis, familie
  • Geen verandering vir Kamiesberg nie?

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • November 2026
  • October 2026
  • September 2026
  • August 2026
  • July 2026
  • June 2026
  • May 2026
  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown