Verslaggewer – Isaac Cloete
Namakwaland:- Inwoners van Carolusberg is geskok, verslae en hartseer na die ongewone sterfte van n skoolkind.
Voorlopige verslae dui daarop dat die seun, Theodore “Theo” Bahlekazi (12) saam met sy vriende gespeel het toe hy in n ou myngat geval het.
Dit is naby n ou kampong n Carolusberg, buitekant Springbok geleë. Die voorval het op Maandag, 23 November 2026, om ongeveer 17:30 plaasgevind, toe nooddienspersoneel deur die kind se ouma in kennis gestel is, volgens, polisie-woordvoerder, kol Cherelle Ehlers. Theohet die afgelope jaar in Clanwilliam gebly het.
Hy het egter hierdie naweek by sy ouma in Carolusberg, gaan kuier. ‘n Soek-en-reddingsoperasie was onmiddellik van stapel gestuur, waarby die distrikstaakspan, die Springbok-honde-eenheid
(K9) en Nama Khoi-reddingsdienste betrokke was. Paramedici en die polisie moes vir etlike ure sukkel om sy liggaampie uit die soort mynskag te haal. Die Black Mountain-reddingspan het ook later by die operasie aangesluit,
Nadat noodpersoneel in die gat afgedaal het, het hulle gevind dat die kind noodlottige beserings opgedoen het.
Daar word vermoed dat Theo se nekkie moontlik kon gebreek het, toe hy in die skag geval het. Die Black Mountain-reddingspan het vervolgens by die operasie aangesluit, en die kind se liggaam is voor 23:00 suksesvol na die oppervlak gebring.
‘N polisie-bron het vertel dat die gat baie diep en smal is en boonop met water gevul was. Die area was ook nie omhein nie en baie onveilig vir die publiek. Dit is steeds onduidelik hoe die seun in die gat beland het.
Theo se antie, Alicia Goliath, vermoed geen vuilspel nie. Sy het vertel dat hy met die eksamen besig was en nog net sy laaste vak moes skryf. Maandag, 23 November, was ook sy verjaarsdag, het Goliath vertel. Intussen blameer inwoners mynhuise wat voorheen hier koper gemyn het, maar rehabilitasie vergeet of afgeskeep het.
‘N ander inwoner verskil hieroor.
Sy het gese: ” Dis in die einste kopermyngate waarin die manne sodelf. “En dis nie net Carolusberg mense nie, maar die breë Namakwaland s’n. “Hulle reis saans hierheen om te delf. “Ook word ondergrondse koperdrade van destydse kraglyne afgehaal. “Dan spog hulle op TikTok oor hoe dit ondergrond lyk.” Volgens haar is krap die diggers die gate oop en dan val onskuldige kinders soos Theo daar binne.
Ouers word weereens versoek en vermaan om altyd seker te maak, hulle weet waar hulle kinders is of wat hulle doen. Ook word daar n beroep op die plaaslike owerhede gedoen om sulke ou mynskagte en gate in die area te beveilig.
Die kommissaris van die Namakwa-distrik, brigadier Schalk Andrews, het sy innige medelye teenoor die bedroefde familie en geliefdes uitgespreek. Hy het ook ‘n beroep op ouers en voogde gedoen om waaksaam te wees en toe te sien dat kinders van potensiële gevaarlike gebiede weggehou word.
Veral mynbouterreine, verlate mynskagte en ander onbeveiligde uitgrawings – wat ernstige risiko’s vir hul veiligheid inhou.

