Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us

Skool Gesluit – Gemeenskap soek Antwoorde

Posted on April 10, 2025April 17, 2025 By The Editor
Community

Berig – Isaac Cloete

Calvinia:- As ‘n mens nader stap, sal jy agterkom dat die Hoërskool op Calvinia, werklik gesluit is.

Ja, dis taptoe, geslot en grendel omdat die skoolgemeenskap, ouers, leerders, beheerraadslede, en ander betrokkenes  dit nie meer kan uithou nie.

Die redes agter die sluiting is, soos reeds geskat, die kragtoevoer wat glo al sedert 2024 afgesny is weens wanbetalings of onverwerkte betalings.  Dit het veroorsaak dat die koshuis en skool heeltemal sonder elektrisiteit is, het ‘n betrokke ouer vertel.

Verder is die situasie ook vererger deur die feit dat die koshuis ook geen voedselvoorrade het nie, wat ‘n groot probleem vir die koshuisgangers is.

Dit is dieselfde skool waar ‘n deel van die dak van die klaskamers in die verlede “geneig” het om inmekaar te tuimel, weens strukturele foute.  Die tydelike stutte wat daar geplaas is, is volgens berigte nog nooit vervang met permanente pilare of betonstutte nie.

Volgens Mervin Matthys, voorsitter  van die Skole Beheer Liggaam, beplan die ouers om Vrydag ‘n protesoptog na Hantam Höerskool te hou, om hulle misnoë teen die Onderwys Departement te demonstreer.

“Die Gevolge van Skole Sluitings”

Die sluiting van skole soos Hantam Hoërskool, plaas nie net ‘n geweldige las op gemeenskappe nie.  Dit illustreer ook die diepgaande uitdagings wat die huidige onderwysstelsel, in Suid-Afrika in die gesig staar. Korrupsie en misbestuur in staatsinstellings, het die stelsel tot ‘n breekpunt gebring.  Die enigste oplossing sal wees dat die regering ‘n daadwerklike poging aanwend, om op te staan teen die korrupsie wat die stelsel benadeel.  Verskillende politieke partye stry steeds oor mag, terwyl die lewens van die land se jong mense op die spel is. Dit laat die vraag ontstaan, “Was die Regering van Nasionale Eenheid die antwoord?

Die toekoms van ons jeug, en die kwaliteit van opvoeding wat hulle ontvang, kan nie die prys wees van politieke vegte nie. Hoërskool Taptoe is net een van vele skole wat ‘n diep beskadigde stelsel weerspieël. Wat die regering en Onderwys Departement vandag moet besef, dit is nie net ‘n gemeenskap wat benadeel word nie.  Dis ‘n hele samelewing wat afhanklik is van ‘n werkende en betroubare onderwys infrastruktuur.

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: Corruption Sparks in Pollsmoor
Next Post: Hijacked VW Polo – Multiple Crimes ❯

You may also like

Community
Pensionarisse Eis R5000 Maandelikse Toelae
July 15, 2026
Community
Fear and Violence Grip Eerste River and Delft After Shootings
July 7, 2025
Community
Twee skietvoorvalle eis lewens in Mitchells Plain
July 2, 2025
Community
Bewerings van moontlik Onwettige & Onbillike Uitsetting
January 15, 2026

Recent Posts

  • Three Arrested as Joint Operations Seizes
  • 🔥Die Politieke Waarheid
  • Polisiekonstabel in Delft Gearresteer weens Korrupsie
  • Young Netball Player Seeks Community Support
  • Kropz and Trollope Remain Silent

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • September 2026
  • August 2026
  • July 2026
  • June 2026
  • May 2026
  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown