Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us

Hooggeregshof Moet Besluit oor Matzikama Raad – MM

Posted on June 25, 2025June 25, 2025 By The Editor
Community

Politiek en Hofdramas oorheers Vredendal

Berig – George April

VREDENDAL:-  Die politieke toneel in die Matzikama-munisipaliteit bly in beroering, met die nuwe – raadslede wat Donderdag die Kaapse Hooggeregshof nader. 

Volgens betroubare inligting, weier die DA MM blykbaar om sy pos af te staan aan die opposisie.  Die hofsaak volg ná weke van spanning sedert die Patriotiese Alliansie (PA) en die EFF die beheer van die raad van die DA oorgeneem het.

Volgens inwoners wat telefonies met CCN gesels het, het die nuwe PA-burgemeester aanvanklik die MM se posisie ondersteun. Dit het egter gou verander toe die Alliansie glo druk op haar geplaas het om haar emosies opsy te skuif en die koalisie se besluite te ondersteun. Die toekoms van die MM, sowel as die stabiliteit van die raad, hang nou van die hofbesluit af.

Hector se hofoorwinning en die stryd vir vroueregte

Intussen het die bekende Matzikama-aktivis Jacky Hector Dinsdag ‘n belangrike oorwinning in die Vredendalhof behaal toe haar beskermingsbevel teen die voormalige adjunkburgemeester, Amelia Job, toegestaan is. Job het haar amptelike titel verloor nadat die koalisie drie weke gelede die raad oorgeneem het.  Of dit Vrydag steeds die geval gaan wees, sal ná Donderdag se hofbeslissing eers duidelik word.

In ‘n onderhoud op die Facebook-live platform Time to Talk, het Hector die hofuitspraak as ‘n oorwinning vir vroueregte beskryf en vroue aangemoedig om op te staan vir hul regte, ongeag politieke of persoonlike uitdagings.

Onsekerheid heers oor politieke lojaliteite

Met die hofsaak wat Vrydag se politieke landskap kan verander, heers daar groot onsekerheid in die gemeenskap. Die interne spanning, verskuiwende lojaliteite en regsprosesse laat inwoners wonder wie Vrydag nog in beheer gaan wees,  en of die politieke dramas tot ‘n einde gaan kom.

CCN hou vas die situasie dop en sal lesers op hoogte hou van verdere ontwikkelings.

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: Farm Evictions Expose Ongoing Western Cape Crises
Next Post: Sterk Kouefront Gaan Weskus Vandag Tref ❯

You may also like

Community
Former Grade R Teacher Back in Court
July 1, 2025
Community
Guns, Ammo and Drugs Seized in Delft
June 15, 2025
Community
Tragic Loss in Belhar Community
March 26, 2025
Community
SAPD Waarsku Ouers en Gemeenskappe
September 16, 2025

Recent Posts

  • HOPEFIELD – WIE BESKERM ONS KINDERS SE TOEKOMS
  • Maatskappy Aansoek Verval
  • N DISCO-FUNKSIE MET N GEESTELIKE AFSLUITING
  • Boland Rugby Match-Fixing Probe Deepens
  • IFP AND THE KHOI-SAN QUESTION

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • October 2026
  • September 2026
  • August 2026
  • July 2026
  • June 2026
  • May 2026
  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown