Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us

Misdaad Buite Beheer op Kaapse Vlakte –

Posted on August 12, 2025August 12, 2025 By The Editor
Community

Gewone Inwoners Bly Weerloos

Mitchells Plain:- Die jongste voorval van gewapende bendegeweld het inwoners van Eastridge, Mitchells Plain, weer laat besef hoe kwesbaar hulle is.

In ’n gemeenskap waar koeëls enige oomblik kan fluit, ongeag wat die polisie aan die publiek meedeel.

Volgens die SAPD-woordvoerder, sersant Wesley Twigg, het ’n lewensgevaarlike skietery omstreeks 10:20 die oggend van 11 Augustus plaasgevind. “’n Toyota Tazz het in Katdoringstraat gery toe ’n VW Polo skielik verbyjaag en voor hulle tot stilstand kom.  Onbekende gewapende aanvallers het uit die Polo geklim en verskeie skote op die voertuig en sy insittendes afgevuur,” het Twigg verduidelik.

Die bestuurder het paniekerig probeer wegkom deur agteruit te ry, maar die aanvallers het onophoudelik aangehou skiet. Die vier slagoffers,  mans tussen 14 en 33 jaar oud, het soos deur ’n wonderwerk,  geen noodlottige beserings opgedoen nie, maar is wel na ’n nabygeleë hospitaal geneem vir behandeling.  Die aanvallers het te voet gevlug en is nog nie in hegtenis geneem nie.

Volgens die polisie word die voorval as bendeverwant beskou en word daar ondersoek ingestel na vier aanklagte van poging tot moord.

Maar vir die inwoners is hierdie net nóg ’n insident in ’n lang lys van gewapende aanvalle wat daagliks plaasvind. “Soms gerapporteer, dikwels nie”

“Ons hoor elke dag skote, dit het deel van ons lewe geword. Dis nie reg dat ons kinders so grootword nie,” sê ’n plaaslike inwoner wat, uit vrees vir vergelding, verkies het om anoniem te bly.

In die lig van herhalende geweld vra gemeenskapsleiers dat daar nie net gereageer moet word ná voorvalle nie, maar dat ’n volhoubare veiligheidsplan geïmplementeer moet word.  Hulle meen dat inwoners tussen die bendes en die misdaad vasgevang is, terwyl die owerhede voortgaan om beloftes te maak wat selde werklik sigbare verandering bring.

’n Roep tot aksie, die tyd vir stilbly is lankal verby.  Elke dag vloei onskuldige bloed op die Kaapse Vlakte terwyl besluitnemers in kantore sit en nog komitees en planne bespreek. Die polisie doen wat hulle kan met beperkte hulpbronne, maar dit is nie genoeg nie. Ons kinders groei op tussen geweld en vrees, en die verantwoordelikheid om dit te stop lê nou by dié wat gesweer het om ons te beskerm.

Die regering, wetgewers en veiligheidsowerhede kan nie langer toekyk nie, die gemeenskap eis geregtigheid, beskerming en ’n toekoms sonder misdaadll.

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: Steenberg High School to Dismiss Learners  Early
Next Post: Latest On The “Podcast Trio” & the Gayton McKenzie Sage ❯

You may also like

Community
Water Supply Disruption – Parts of Fish Hoek, Masiphumelele, Sun Valley & Sunnydale
October 2, 2025
Community
Metrorail Western Cape: Morning Service Update & Disruption Notice
February 12, 2025
Community
Revence Attacks at School Sparks Fear
March 18, 2025
Community
Laptop Stolen from Delft Police Station
August 7, 2025

Recent Posts

  • Police Make Breakthrough in Samora Machel Church Robbery
  • Hopefield Rugbyklub en Phelan Green Group Vennootskap
  • BYBELKLAS” ONNIE VAN VIOOLSDRIFT GEVONNIS
  • Residents Demand Answers on Water Risks, Biodiversity Loss & Opaque
  • City of Cape Town Finance Mayco Member’s Home Raided

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • June 2026
  • May 2026
  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown