Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us


Geregtigheid vir Klipfontein Man

Posted on August 27, 2025August 27, 2025 By The Editor
Community

Moordenaar 15 Jaar Tronkstraf vir Moord.

Verslaggewer – Isaac Cloete

Springbok:- Die gemeenskap van Klipfontein dra steeds swaar na die skok en hartseer oor die wrede moord op 39-jarige Quinton Makatees.

Dinsdag is die dader, Juandre Smith (25), in die Garies Streekhof tot 15 jaar direkte gevangenisstraf gevonnis.

Die tragiese voorval het op 26 Junie 2024 plaasgevind. Smith en Makatees het saam by ’n huis in Klipfontein gedrink toe ’n rusie uitgebreek het. Makatees het huis toe vertrek, maar is deur Smith agternagesit en met ’n skroewedraaier noodlottig gesteek.

Die vonnis bring wel ’n mate van geregtigheid, maar vir die familie en geliefdes van Makatees bly die verlies ondraaglik.  “Ons het nie net ’n broer en seun verloor nie, maar ’n mens met ’n groot hart,” het ’n familielid ná die uitspraak gesê.

Volgens die Namakwa-distriks kommissaris, brigadier Schalk Andrews, wys hierdie saak dat geweldsmisdade verwoestende gevolge het vir families en gemeenskappe.  “Geen vonnis kan die pyn van ’n gesin verlig nie, maar ons polisiebeamptes sal aanhou veg dat geregtigheid geskied,” het hy benadruk.

Die deeglike speurwerk van sersant Garth Klaase en die vasberadenheid van staatsaanklaer Basil “The Jaguar” Kock is deur die hof en gemeenskap geloof.

Die gemeenskap van Klipfontein hoop dat die vonnis nie net afsluiting bring nie, maar ook ’n waarskuwing sal wees dat geweld nie ’n oplossing is nie.

Navrae:
Kaptein Ivan Magerman
SAPS Korporatiewe Kommunikasie en Skakeling – Namakwa Distrik
083 478 9317 – MagermanIC@saps.gov.za

Foto – Staatsaanklaer – Basil “The Jaguar” Kock en Sersant Garth Klasse – Ondersoekbeampte.

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: Double Murder – Taxi Pick – Up Point
Next Post: Police Removed Unlicensed Firearms ❯

You may also like

Community
One Dead, Several Injured in Weekend Shootings
September 1, 2025
Community
‘N Stille Skreeu in Oudtshoorn
December 8, 2025
Community
Three Suspects Nabbed in Remote Jamming Bust on R300 Highway
May 14, 2025
Community
Political Drama in Velddrif
July 5, 2025

Recent Posts

  • Zimbabwean Truck Driver in Court Again
  • EXCLUSIVE: Judge Sulet Potterill Assisted Keith Keating to Loot R768 Million from SAPS
  • Justice Delayed – Justice Denied?
  •  Delft-ma kla polisie aan
  • Nege Verdagtes vasgetrek in Atlantis

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown