Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us

Click Here or on the picture to read more.

Skietgeveg in Mitchells Plain – vier arresteer & een dood tydens vlugpoging

Posted on November 19, 2025November 19, 2025 By The Editor
Community

Verslaggewer – Felicity Jooste

MITCHELLS PLAIN:-  ’N gewone Woensdagoggend het in chaos ontaard toe lede van die Nasionale Intervensie-Eenheid op gewapende verdagtes afgekom het, wat glo vanaf Nyanga na Mitchells Plain beweeg het.

Volgens betroubare bronne het die polisie ’n Toyota Hilux-bakkie dopgehou nadat inligting ontvang is dat ’n groep swaar gewapende mans daarin rondbeweeg. Die verdagtes het die polisievoertuig op Jakes Gerwel-rylaan opgemerk en onmiddellik op die beamptes begin skiet.

Polisiebeamptes het teruggevuur.   Een verdagte is op die toneel noodlottig gewond, terwyl vier ander,  tussen 27 en 45 jaar oud,  in hegtenis geneem is.

Tydens die arrestasie is ’n AK47-aanvalsgeweer, twee 9mm-pistole, en ’n groot hoeveelheid ammunisie op die toneel gekonfiskeer.  Die Toyota Hilux het ook met twee privaatvoertuie gebots tydens die poging om te vlug, wat geringe skade veroorsaak het.

Die Onafhanklike Polisiedirektoraat (OPOD/IPID) ondersoek tans die omstandighede rondom die dood van die gesneuwelde verdagte.  Die vier oorblywende verdagtes word in aanhouding gehou en sal binnekort in die landdroshof in Mitchells Plain verskyn op aanklagte wat wissel van poging tot moord, die besit van onwettige vuurwapens,  tot die aanval op polisielede.

Die polisie het die publiek bedank vir hul vinnige samewerking en versoek dat enige verdere inligting met ondersoekbeamptes gedeel word.

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: Oversight Bodies Silent
Next Post: Body of Homeless Woman Found Dead on Train Roof ❯

You may also like

Community
Early Morning Patrol Leads to
August 3, 2025
Community
Crime Watch – Fake E-Hailing Calls & Rising Vehicle Theft Alarms
October 27, 2025
Community
Suspected House Breaker Arrested
March 26, 2025
Community
 Hopefield Ouers Eis Geregtigheid
January 16, 2026

Recent Posts

  •  Hopefield Ouers Eis Geregtigheid
  • Bewerings van moontlik Onwettige & Onbillike Uitsetting
  • SA Rand hits Multi-Year Hight
  • Motsepe se Maatskappye soek hofbeskerming teen $195 miljoen – eis uit VSA
  • Gemeenskappe keelvol vir misdaad

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown