Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us

Fadiel Adams se borgaansoek uitgestel tot Vrydag

Posted on May 14, 2026May 14, 2026 By The Editor
Headline

“Politieke heksejag” of ernstige regsverydeling?

CCN Redakteur – George April

Pinetown:- Die borgaansoek van National Coloured Congress (NCC)-leier en MP Fadiel Adams, het Woensdag (13 Mei 2026) in die Pinetown Landdroshof ’n dramatiese wending geneem, toe dit tot Vrydag 15 Mei uitgestel is.Adams bly agter tralies by ’n geheim gehoue plek terwyl die Staat sterk teen sy vrylating gekant bly.
Adams, wat verlede week in Kaapstad deur die SAPS se Political Killings Task Team (PKTT) gearresteer is, staan tereg op drie aanklagte van bedrog en twee aanklagte van regsverydeling.

Die bewerings draai om sy beweerde inmenging in die ondersoek na die 2017-moord op voormalige ANC Youth League-leier, Sindiso Magaqa.  Hy sou homself as amptelike parlementêre besoeker voorgedoen het om beskuldigdes, waaronder ’n veroordeelde “hitman”, in die Westville-gevangenis te besoek, verklarings af te neem en selfs ’n selfoon in te smokkel.

Regspan-wisseling
In ’n onverwagte skuif het Adams se Kaapse regspan, onder leiding van prokureur Bruce Hendricks, weens logistieke redes teruggetree. Afgetrede staatsprokureur Yuri Gangai het nou die leisels oorgeneem vir die borgaansoek.

Die verdediging voer aan dat Adams binne sy parlementêre oorsigrol opgetree het, en dat die saak ’n politieke teistering is.
Die Staat het egter in die hof getuienis aangebied van Adams se vorige oortredings van tronkreëls en beweer hy het die regsproses herhaaldelik verydel.

Hulle beskou hom as ’n risiko vir die ondersoek, getuies en die administrasie van geregtigheid.

NCC: “Dit is intimidasie”
Die NCC en Adams se ondersteuners noem die arrestasie en vervolging ’n “witch hunt” omdat Adams korrupsie binne die SAPS, veral Crime Intelligence, blootgelê het. Hulle beklemtoon dat hy bereid is om enige borgvoorwaardes na te kom en dat sy grondwetlike regte as MP geskend word.

Wat nou?
Die uitspraak oor borgtog word Vrydag verwag.  As Adams borg geweier word en later skuldig bevind word aan die ernstige aanklagte, kan dit verreikende gevolge hê vir sy setel in die Parlement en die toekoms van die relatief nuwe NCC.

Die saak bly hoogs emosioneel en word landwyd dopgehou, veral in die Kleurling-gemeenskappe van die Wes-Kaap waar Adams ’n sterk ondersteuningsbasis het.

Is dit geregtigheid wat sy gang gaan, of word ’n stem wat polisie -misstande uitdaag, stilgemaak?

CCN hou jou op hoogte van die Vrydag-uitspraak.

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: Dood van Polisie – Egpaar Skok Namakwaland
Next Post: War Comes Home ❯

You may also like

Headline
Growing Storm Over Saldanha Bay Municipality
July 5, 2025
Headline
If SA Police Refuse to Open Case
March 24, 2025
Headline
 Fish Hoek Uber Incident
February 25, 2026
Headline
Hooggeregshof wys DA Appél van die Hand
May 9, 2025

Recent Posts

  • Police Make Breakthrough in Samora Machel Church Robbery
  • Hopefield Rugbyklub en Phelan Green Group Vennootskap
  • BYBELKLAS” ONNIE VAN VIOOLSDRIFT GEVONNIS
  • Residents Demand Answers on Water Risks, Biodiversity Loss & Opaque
  • City of Cape Town Finance Mayco Member’s Home Raided

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • June 2026
  • May 2026
  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown