Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us

“SONDAGSKOOL-ONNIE” – GEVONNIS TOT 75 JAAR TRONKSTRAF

Posted on June 18, 2026June 18, 2026 By The Editor
Community, Headline

VIR SEKSUELE MISDRYWE TEEN KINDERS

Verslaggewer – Isaac Cloete

VIOOLSDRIFT:-  Die vrou wat in die Noord-Kaap bekend geword het as die sogenaamde “Sondagskool-onnie”, is in die Springbok Streekshof swaar gestraf nadat sy aan verskeie seksuele misdrywe teen kinders skuldig bevind is.Foto – Jo Ann Klaase (45) is op 5 Junie 2026 tot altesaam 75 jaar gevangenisstraf gevonnis, nadat sy op 33 aanklagte van seksuele oortredings teen kinders tussen die ouderdomme van sewe en twaalf jaar skuldig bevind is.

Die saak word deur regskundiges as ‘n belangrike uitspraak beskou in die stryd teen seksuele misdrywe teen kinders in die streek. Klaase het aanvanklik op 18 aanklagte tereggestaan, maar die aanklagstaat is later uitgebrei na 33 aanklagte deur streekshofstaatsaanklaer Basil Kock.

Volgens hofstukke het die misdrywe tussen Januarie 2022 en November 2023 plaasgevind. Die aanklagte het onder meer verkragting, poging tot verkragting, seksuele uitbuiting van kinders, seksuele voorbereiding (grooming), die blootstelling van kinders aan seksuele handelinge en ander seksuele oortredings ingesluit.

Ingevolge Artikel 280 van die Strafproseswet sal die vonnisse gelyktydig uitgedien word, wat neerkom op ‘n effektiewe gevangenisstraf van 25 jaar. Vyf jaar daarvan is opgeskort, wat beteken dat Klaase na verwagting 20 jaar agter tralies sal deurbring. Die beskuldigde het volgens getuienis kinders onder die voorwendsel van Bybelstudie-aktiwiteite na haar woning gelok. Die kinders is glo met lekkers gelok en daarna aan verskeie vorme van seksuele misbruik onderwerp.

Die saak het aan die lig gekom nadat sommige van die slagoffers die voorvalle aan hul skoolhoof, Theo Alister, gerapporteer het. Ná die betrokkenheid van ‘n maatskaplike werker en verdere ondersoeke is die polisie in kennis gestel, wat tot Klaase se arrestasie gelei het.

Klaase het uiteindelik skuldig gepleit op die aanklagte en erken dat haar optrede onwettig en strafbaar was. Benewens die gevangenisstraf het die hof ook gelas dat haar naam op die Nasionale Register vir Seksuele Misdrywe geplaas word, wat verdere beskermingsmaatreëls vir kinders verseker.Skoolhoof Theo Alister het die uitspraak verwelkom en gesê hy hoop dit sal slagoffers en gemeenskappe aanmoedig om soortgelyke misdrywe aan te meld.

“Ek hoop hierdie uitspraak gee kinders en gemeenskappe die moed om sulke voorvalle aan te meld wanneer dit gebeur. Opvoeders moet ook daarna streef om leerders se vertroue te wen sodat skole veilige ruimtes bly waar kinders hulp kan soek,” het hy gesê.

Die saak dien as ‘n ernstige herinnering aan die belangrikheid van waaksaamheid, vroeë aanmelding en die beskerming van kinders teen seksuele uitbuiting en mishandeling.

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: Bloedige 24 Uur in die Weskaap
Next Post: Ramaphosa’s Phala Phala Headache ❯

You may also like

Community
Geregtigheid ná die Graf
November 19, 2025
Community
Fatal Witsand Taxi Rank Shooting
February 24, 2026
Community
Tragic Shooting in Kraaifontein Leaves Community in Shock
August 21, 2025
Community
Colesburg Highway Patrol Foils VehicleTheft Operation
May 5, 2025

Recent Posts

  • Ramaphosa’s Phala Phala Headache
  • “SONDAGSKOOL-ONNIE” – GEVONNIS TOT 75 JAAR TRONKSTRAF
  • Bloedige 24 Uur in die Weskaap
  • DUBBELE MOORDSAAK AFGEHANDEL
  • HONDERDE VERWAG BY NEHAWU SE PROTES-AKSIE IN SPRINGBOK

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • June 2026
  • May 2026
  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown