Woolworths se betaling aan twee mans vir 10 jaar
Deur CCN Online
JOHANNESBURG:- Dit klink amper te ongelooflik om waar te wees.
Oor die afgelope dekade het Woolworths, een van Suid-Afrika se grootste kleinhandelaars, sy twee voormalige uitvoerende hoofde (CEOs) saam meer as R508,75 miljoen betaal.
Dit werk uit op gemiddeld sowat R139 400 per dag- elke dag, vir tien volle jare.
Volgens ’n ontleding van die maatskappy se vergoedingsverslae deur BusinessTech, het Ian Moir en Roy Bagattini tussen 2016 en 2025 dié astronomiese bedrae verdien. Die pakette het egter sterk gewissel na gelang van die maatskappy se prestasie, korttermyn-bonusse en langtermyn-aandele-toekennings.
Moir se era: Van ster jare tot moeilike tye
Ian Moir, wat Woolworths van November 2010 tot Februarie 2020 gelei het, het sy hoogste vergoeding in 2016 gekry – ’n whopping R53,7 miljoen. Dit was ná ’n sterk jaar met goeie winsgroei.
Maar daarna het dinge verander.
Probleme met die Australiese bedrywighede, veral die onderpresterende David Jones-kopie, het druk geplaas. Moir se verdienste het geleidelik afgeneem. Teen 2019, kort voor sy uittrede, het sy totale vergoeding gedaal na R23 miljoen. Hy het selfs kort- én langtermyn-bonusse verbeur omdat sleutelprestasiedoelwitte nie gehaal is nie.
Bagattini se era: Rekordbedrae selfs in swakker jare
Roy Bagattini het op 17 Februarie 2020 oorgeneem en tot 31 Mei 2026 as Groep – CEO gedien. Sy pakket was kompleks omdat hy verantwoordelik was vir sowel die Suid-Afrikaanse as Australasië – bedrywighede – met vergoeding in rand én Australiese dollar.
Sy grootste “payday” was in 2023: R122,4 miljoen. Dit het saamgeval met ’n sterk hersteljaar vir die groep, met ’n aangepaste wins voor belasting van R6,6 miljard. Hy het korttermyn-bonusse oorskry en langtermyn-aandele-toekennings uit 2020 het ten volle uitbetaal.
Selfs toe die maatskappy se finansiële teikens in 2024 en 2025 gemis is (en hy dus geen korttermyn-finansiële bonusse gekry het nie), het Bagattini se vergoeding hoog gebly: R65,2 miljoen in 2024 en R79,8 miljoen in 2025.
’n Groot deel van sy 2025-vergoeding- R38,8 miljoen – het gekom uit ’n “restricted share plan” wat aan hom gegee is toe hy by Woolworths aangesluit het. Dit was vergoeding vir bonusse wat hy by sy vorige werkgewer moes prysgee.
Hoekom só hoog?
Vergoedingskenners wys daarop dat sulke pakette vir top-uitvoerende hoofde by groot genoteerde maatskappye dikwels swaar leun op aandele – gebaseerde langtermyn-insette. Dit is bedoel om leiers aan te spoor om waardes vir aandeelhouers te skep. Tog bly die syfers skokkend vir die gemiddelde Suid-Afrikaner wat sukkel om kop bo water te hou.
Baie mense sal waarskynlik sê: “Dit kan nie waar wees nie.” Maar die syfers kom reguit uit Woolworths se eie amptelike verslae.
Wat dink jy?
Is hierdie tipe uitvoerende vergoeding geregverdig in ’n land met sulke hoë ongelykheid, of is dit bloot die prys van top talent?
Laat weet ons in die kommentaar.
Foto en Bron: BusinessTech / Woolworths Holdings vergoedingsverslae
