PIKETBERG:- PSDF Sport Bank nooi u organisasie vriendelik uit na ons spesiale “Sport Bank-dag” op Vrydag, 3 Julie 2026 by die L.B. Wernich Community Hall, Piketberg (in vennootskap met die L.B. Wernich Community Library).
Doel van die dag:
– Om ou sporttoerusting te skenk wat weer aan die jeug in die Bergrivier-streek beskikbaar gestel sal word.
– Om organisasies soos julle die geleentheid te gee om julle sportwerksaamhede te bemark.
Julle is welkom om:
– Bemarkingsmateriaal saam te bring en ‘n pop-up-stand op te stel.
– Ons sportmanne en -vroue te kom motiveer.
– In julle sportklere te verskyn vir goeie sigbaarheid.
Skole kan gerus ook alle sportkodes onder die jeug se aandag bring.
Datum: Vrydag, 3 Julie 2026
Tyd:09:00 – 15:00
Ons sal dit baie waardeer as julle saam met ons kom saamwerk om sport in die gemeenskap te bevorder.
Kontak:
Moswin Moore
081 047 9446
Sportgroete
PSDF Sport Bank
Since 2001

