Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us

Pensionarisse Eis R5000 Maandelikse Toelae

Posted on July 15, 2026July 15, 2026 By The Editor
Community

CCN Verslaggewer – George C April

Mitchells Plain:- Meer as 200 bejaardes het gister buite die Sassa-kantoor in Beacon Valley saamgedrom en met plakkate geëis dat hul maandelikse pensioen van R2 400 verhoog moet word na R5 000. Pensionarisse eis waardigheid en ‘n verhoging na R5 000 per maand. Honderde bejaardes het gister buite die Sassa-kantoor in Beacon Valley, Mitchells Plain, geprotesteer teen stygende lewenskoste.  Foto: Pensioners of South Africa / CCN

Die groep, onder die vaandel van Pensioners of South Africa (Posa), sê die huidige bedrag is ver verby die armoedegrens en maak dit onmoontlik om basiese behoeftes te dek.

Die bejaardes het vertel hoe hulle elke maand ure lank in toue moet staan – dikwels van 04:00 af in die koue en reën sonder enige skuiling. Baie word dan teleurgesteld wanneer hul pensioen “gevries” word vir ondersoeke of weens nuwe stelsels.

“Ons wil R5 000 hê. R2 400 is te min,” het hulle geskree. ’n Lid van die Lobelia Seniors Club het gesê: “Ons vra vir R5 000. Die lewenskoste styg die hele tyd.  Wat moet ons doen?”

Chef JC en sy vrou Calveen Edwards van Posa het die protesaksie begin. Volgens JC is die beweging gebore uit die werklike stryd wat hulle in hul eie families sien. “Hierdie mense het ons land gebou. Hulle het jare lank belasting betaal.  Nou staan hulle in die reën, huur gaan op, kos en elektrisiteit word duurder, en hul geld word soms net so gevries,” het hy gesê.

“Op die eerste dag wat hulle hul pensioen kry, is dit klaar weg. Ons het getuienisse van regoor die land,” het Edwards bygevoeg.

Posa beplan om die protesaksies in die Wes-Kaap voort te sit en roep President Cyril Ramaphosa en Sassa op om dringend aandag te gee aan die bejaardes se nood.

n Paar sosiale media opmerkings (soos Buddy dit kan optel):

Facebook (Mitchells Plain Community page):
“Dis hoog tyd!  My ouma van 78 staan al jare in daai toue en kry skaars genoeg vir brood en medisyne. R5000 is die minimum.

#Posa #PensionCrisis” – Aunty Mary K

X/Twitter:
“200+ oumense in die reën by Sassa Mitchells Plain.  Hulle het die land gebou,  nou smeek hulle vir R5k.  Ramaphosa, hoor julle?

#PensionersOfSA” – @CapeFlatsVoice 

Instagram:
“Respek vir Chef JC en Calveen wat hierdie fight vat.  My oupa kry R2400 en betaal R1800 rent.  Hoe moet hy leef?

#SeniorCitizensMatter #R5kNow” – @LobeliaSeniors 

WhatsApp-groep (Beacon Valley Residents)
“Wie gaan môre saam? Ons kan nie meer stilbly nie. Die kinders sukkel self, ons ou mense ly.

#PosaProtest”

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: Elsies River Police Recover Firearm
Next Post: Dringende Misdaad Waarskuwing ❯

You may also like

Community
Today’s Upcoming Court Appearance
February 24, 2026
Community
Body of Homeless Woman Found Dead on Train Roof
November 19, 2025
Community
Murder Case Finally Concluded
May 23, 2025
Community
Hooggeregshof Moet Besluit oor Matzikama Raad – MM
June 25, 2025

Recent Posts

  • Dringende Misdaad Waarskuwing
  • Pensionarisse Eis R5000 Maandelikse Toelae
  • Elsies River Police Recover Firearm
  •  From the Streets of Mitchell’s Plain to the Rugby Fields of Tomorrow
  • Resilience in the Flats

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • July 2026
  • June 2026
  • May 2026
  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown