Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us

Patrick Claassen: Die Hopefield-seun wat Craven Week gehaal het

Posted on August 17, 2026August 17, 2026 By The Editor
Sport

En ’N Generasie Herinner Wat Moontlik Is

CCN Redakteur/Verslaggewer – George C April

HOPEFIELD: – Terwyl die All Blacks tans deur Suid-Afrika toer en rugby op almal se lippe is, skitter die name van spelers op sosiale media.

Patrick Claassen wil jong seuns en dogters aanmoedig om hulle talent positief te gebruik – niemand kan voorspel wat die horison gaan bring nie.

In hierdie opgewondenheid wil CCN ’n storie vertel van legendes wat destyds hulle gemeenskappe aan die praat gehad het.  Manne wat verder gegaan het as wat ’n klein Weskusdorp self kon droom.

Een van dié stories is dié van Patrick (Pat) Claassen van Hopefield.  Hy was ’n Craven Week-speler en ’n seun van die dorp wat in 1978 en 1979/80 die groen-en-goud van die Proteas-jongspan en die S.A.R.V.F. / S.A.R.F.F. High Schools-span gedra het.

In sy loopbaan het hy saam of teen name soos Ronnie Louw (wyle Protea-heelagter-legende, ook van Hopefield) gespeel.  Ander bekende figure met wie hy swaarde gekruis het, was Aubrey Noble, Avril Williams, Attie Lategan, Richard Croy en talle oud-Protea-spelers. Baie van hulle is nie meer by ons nie, maar hulle name sal altyd in die gemeenskappe genoem word.

Die notas wat Claassen self aangestuur het, is eenvoudig maar kragtig.

In 1978 was hy deel van die Proteas-jongspan saam met spelers soos L. Basson (Malmesbury), S. Adriaanse (Saldanha), N. Mathyse (Mamre), E. Akkers (Saldanha), A. De Kock (Malmesbury) en ander. Bestuurder was Mnr. A. Peterson en Mnr Norman Langley. Daarna volg die Craven Week-span, met dieselfde Norman Langley, mnr. Abe Williams en president Cuthbert Loriston. Spelers soos T. Mouton (Moorreesburg), A. Williams, N. Matthyse (Mamre), W. Du Toit (“Bolle”) van Vredenburg, A. De Kock, D. Warnick (Mamre), C. Boonzaaier, V. Draai, G. Davids – en weer P. Claassen van Hopefield.

Die span het teen die Britse o/20 op Danie Craven Stadium gespeel.  Die uitslag was hartseer, maar die ervaring was groot.  Een van dié spanmaats, Avril Williams, sou later Springbok word,  die tweede man van kleur wat die groen-en-goud in die apartheidsera begin dra het.

Die swart-en-wit foto van die Toyota Craven Week 1979/1980 in Stellenbosch vertel die res. Daar sit P. Claasen in die voorste ry saam met Mnr A. Williams (bestuurder), C. Bonneau (kaptein), Mnr C.C.A. Lornaton (president), V. Dunn (onderkaptein) en afrigter Mnr N.L. Langley. Agter en middel is name soos T. Mouton, M. Da Silva, R. Martin, A. Alexander, W. du Toit, J. Mataties, A. de Kock, A. Noble en D. Warnick – manne uit die Weskus, uit dorpies soos Hopefield, Mamre, Saldanha, Moorreesburg en Malmesbury.

Claassen was nie net ’n rugbyspeler nie.

Hy was deel van die generasie wat die grense van die dorp oorskry het. Hy het vir Universals, die plaaslike rugbyklub, gespeel, asook vir Wesbank van Malmesbury (wat steeds bestaan) en Standards van Vredenburg (wat vandag net as naam oorbly).  Hy het onder  wyle Mnr Norman Langley – rugby- en krieketlegende van Hopefield gespeel, wat ook sy afrigter en bestuurder was tydens die Craven Week en Protea-jongspan-wedstryde.

Later het hy ook saam met Bomba vir Wynland in Nelspruit gespeel.

Sy storie herinner die gemeenskap aan wat moontlik is wanneer talent ernstig geneem word.

CCN glo sport verander lewens.

Daarom wil ons seuns en jongmanne aanmoedig om hulle sport ernstig op te neem en van negatiewe elemente af te bly.  Op die einde is dit nie die moeite werd om jou lewe weg te gooi of te vernietig met dwelms nie.

Môre kan hulle, soos Patrick Claassen, met trots sê:

“Ek het my talent gebruik om ander aan te moedig om ook hulle lewens op ’n positiewe manier te gebruik.”

West Coast Sports Solutions NPC van Hopefield hou juis op 19 September ’n O/19 rugby- en netbal-7’s-toernooi om jongmense van 17, 18 en 19 jaar wat reeds die skool verlaat het, ’n geleentheid te bied. Organisasies en sportklubs word aangemoedig om deel te raak van die plan om ons jongmense ’n tweede kans te gee.

Indien spanne wil inskrywe, WhatsApp  Andrè Pekeur by sell nr. – 078 453 4783

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: HOPEFIELD SE WATER EN WERK
Next Post: Spesiale Taakmag beëindig vyandige skietstryd  ❯

You may also like

Sport
16-Year-Old Swimmer Writing His Name in History Books
December 22, 2025
Sport
Elgan De Wet – SA Champion
March 23, 2025
Sport
Respect for Opportunities
April 6, 2025
Sport
Kolbe & Roos Shine at SA Rugby Awards
March 13, 2025

Recent Posts

  • Goue Spele – vier Aktiewe en Gesonde leefstyl
  • Spesiale Taakmag beëindig vyandige skietstryd 
  • Patrick Claassen: Die Hopefield-seun wat Craven Week gehaal het
  • HOPEFIELD SE WATER EN WERK
  • Kropz/Trollope Workers Raise Questions Over Disciplinary Consistency

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • August 2026
  • July 2026
  • June 2026
  • May 2026
  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown