in hernubare energie vir plaaslike jeug!
HOPEFIELD:- Umoya-gemeenskap bied ‘n fantastiese geleentheid vir jongmense in die Weskus Streek om by hul span aan te sluit as “Tegniese Dienste Interns”. 
As jy ‘n passie vir hernubare energie het en waardevolle praktiese ervaring wil opdoen, is hierdie 18 maande lange internskap presies waarna jy gesoek het!
Wie kan aansoek doen?
Hierdie internskap is oop vir Suid-Afrikaanse burgers tussen die ouderdomme van 18 en 35 wat in die volgende gebiede woon, Hopefield, Moorreesburg, Piketberg, Vredenburg, Saldanhabaai, en Langebaan. Aansoekers moet ‘n “NQF vlak 5-kwalifikasie in Elektriese Ingenieurswese hê, en beide Afrikaans en Engels magtig wees.
Daar word ook van aansoekers vereis om ‘n geldige bestuurslisensie te hê of daartoe verbind te wees om een teen Desember 2025 te bekom.
Aansoek sperdatum – Maak seker dat jy jou aansoek voor die 21ste April 2025 indien.
Hoe om aansoek te doen – Om aansoek te doen, stuur jou CV en motiveringsbrief na hr@angelsinc.co.za
Vir verdere besonderhede, besoek die internskapbladsy op die “Umoya Energy – webwerf: https://umoyaenergy.co.za/internship-opportunity (https://umoyaenergy.co.za/internship-opportunity)
Dit is ‘n uitstekende kans vir jongmense om by die hernubare energie sektor in te breek, tegniese vaardighede te ontwikkel en by te dra tot volhoubare energie-oplossings. Moenie hierdie geleentheid misloop om jou loopbaan in een van die snelgroeiendste industrieë in Suid-Afrika te laat begin nie!
