Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us

Gewapende Rooftog by McDonald’s

Posted on May 13, 2025 By The Editor
Community

Strand gemeenskap slaan terug

Berig:- George April

STRAND:-’n Gewapende rooftog laat Sondagaand by McDonald’s naby die Total-vulstasie op die R44 in Strand,  het die Helderberg-gemeenskap geruk.

Binne minute was buurtwagte en sekuriteitsmaatskappye op die toneel om te help.

Volgens KC Gericke, voorsitter van die Strand Patrol Buurtwag, het Sierra 47 onmiddellik gereageer toe die alarm afgaan.  Kort daarna het verskeie sekuriteitsfirmas soos Vetus Schola, AM Sekuriteit, Fidelity ADT, AMBO, GB Sec en SAPD by die toneel aangesluit.

Een van die nabygeleë besighede se kameras het die vlugtende voertuig op ’n systraat vasgevang.  Al was die nommerplaat eers onduidelik, het unieke kenmerke gehelp om die voertuig positief te identifiseer.

Gericke sê dat hulle beheerkamer, met behulp van die Navic LPR-stelsel, die voertuig binne sowat 45 minute kon opspoor.  SAPD en McDonald’s se gewapende reaksiespan is onmiddellik in kennis gestel en ’n saaknommer is oopgemaak.

Die voertuig is intussen op Navic gemerk en soektogte is aan die gang.

“Strand is nie meer ’n speelgrond vir misdadigers nie, ons staan saam en dit maak die verskil,” sê Gericke.

Owerhede vra dat enigiemand met inligting na vore kom, die ondersoek duur voort.

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: A Hard Truth for South Africa
Next Post: Polisie Slaan Toe – Meer as R1miljoen en Bankkaarte ❯

You may also like

Community
Cape Flats: A Bloody Day of Violence
February 7, 2025
Community
Young Lives – Brighter Stations
October 11, 2025
Community
The Khoisan Royal Houses
March 7, 2025
Community
Wolseley Staan Saam teen Kindermishandeling
September 8, 2025

Recent Posts

  • ‘N Klein Winkel met ’n Groot Hart
  • From the Sports Field to the Global Workspace
  • 100 TOETSE VAN VASBERADENHEID
  • SA Rugby President Thanks Nation
  • Leeumamma”

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • September 2026
  • August 2026
  • July 2026
  • June 2026
  • May 2026
  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown