Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us


‘N Boodskap – Alle Sportlui, Ouers & Afrigters

Posted on May 15, 2025May 15, 2025 By The Editor
Community

HOPEFIELD:- Ons by CCN wil vandag ’n ernstige saak aanraak wat diep by ons lê.

Dit handel oor ’n 20-jarige jongman van Hopefield wat tans in Groote Schuur-hospitaal lê met ernstige rug- en nekbeserings wat hy opgedoen het tydens ’n rugbywedstryd.  Volgens sy ouers het hy reeds voor dié wedstryd met ’n skouerbesering gesukkel en  wou aanvanklik nie speel nie.  Maar toe hy versoek is om die span te ondersteun, het hy, uit lojaliteit en ’n sin van verantwoordelikheid teenoor sy klub, tog ingestem om te speel.

Ongelukkig is dit ’n besluit wat sy lewe ingrypend verander het, vandag lê hy in ‘n hospitaalbed, onseker of hy ooit weer normaal sal kan funksioneer.

Ons wys nie met die vinger na die klub of die rugbyunie nie.

Dis ook nie ons plek om oordeel te vel voordat al die feite op die tafel is nie.  Wat ons wel wil sê, is dit: Sport is belangrik – maar jou gesondheid is belangriker.

Ons wil vandag elke jong sportman en -vrou, ouer en afrigter aanmoedig, om een belangrike vraag te vra voor enige wedstryd….!

Is ek of my kind fiks en herstel genoeg om aan hierdie wedstryd deel te neem?

Ons almal weet hoe trots ‘n mens voel om jou dorp of span se kleure te dra, maar soms moet ‘n moeilike besluit geneem word om jou liggaam en toekoms te beskerm.  Geen wedstryd is die opoffering van jou gesondheid werd nie.

CCN wens die jongman en sy ouers alle sterkte toe met sy herstel, en ons vertrou dat hy die nodige mediese sorg en ondersteuning sal ontvang wat hy verdien.  En aan elke klubbestuur en sportunie, ons herinner  julle net aan morele plig,  nie net teenoor die spel nie, maar teenoor die mense wat dit speel en ondersteun.

Sodra ons media-navrae volledig beantwoord is,  sal CCN die volle verhaal aan die publiek bekend maak.

Die res los ons in God se hande.

– CCN Redaksie

Please share with your friends:


Post navigation

❮ Previous Post: MEDIA VERKLARING – SASSA Waarsku Teen Valse Berigte
Next Post: “Gemeenskap in Krisis – Die Elandsbaaibaai-Vismark storie” ❯

You may also like

Community
“Gemeenskap Staan Saam – Geregtigheid vir Charlie en Gavin”
August 19, 2025
Community
Steinkopf se Kliniek: Van Asse tot Hoop
February 25, 2026
Community
 Safety Alert – Cape Town and Surrounding Areas 
November 18, 2025
Community
Hooggeregshof Moet Besluit oor Matzikama Raad – MM
June 25, 2025

Recent Posts

  • (no title)
  • CRIME CRACKDOWN ACROSS CAPE FLATS
  • ANC – SACP Rift Deepens
  • Namakwa SAPD versterk Gemeenskapsbande
  • Groot Probleme met Internskappe

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown