Terugslag vir Demokratiese Alliansie?
Berig – George C April
Kaapstad:- In ‘n dramatiese politieke skuif, het Liam Jacobs, lid van die Parlement en voormalige senior lid van die Demokratiese Alliansie (DA), amptelik aangesluit by die Patriotic Alliance (PA).
Die oorloop is kort voor middernag bevestig deur bronne binne die PA.
Die skuif volg op ‘n vurige debat tussen Jacobs en PA-leier Gayton McKenzie tydens ‘n onlangse portefeuljekomitee-sitting in die parlement. Kort daarna is Jacobs glo verbaal aangeval tydens ‘n interne onderhoud deur ‘n senior DA-hoofsweep. ’N gebeurtenis wat volgens betroubare bronne die deurslag gegee het vir sy vertrek.
Jacobs het so reageer op sy besluit om DA rug te wys.
“Ek het by die DA aangesluit om my gemeenskap te dien en geregtigheid na te streef, maar mettertyd het ek gevoel dat die mense se stem nie meer saak maak nie. Ek is nie hier vir politiek soos altyd nie – ek is hier om ‘n verskil te maak.”
“Die PA deel my Visie.”
Gayton McKenzie het Jacobs hartlik verwelkom en gesê:
“Liam is ’n vegter met beginsels. Hy verdien ’n party wat die mense bo politiek plaas. Ons is trots om hom aan boord te kry”
Wat beteken hierdie oorloop vir die DA?
Die DA mag dit dalk probeer afmaak as ‘n individuele besluit, maar Jacobs se vertrek is ‘n merkbare slag vir die party, om verskeie redes:
1. Beeld van interne verdeeldheid: Wanneer ‘n LP aan die publiek oorgaan ná ‘n interne konflik, skep dit die indruk van ‘n party wat onstabiel of verdeeld is.
2. Simbool van verlies aan invloed: Die PA kry nie net ‘n nuwe lid nie, hulle kry ‘n parlementslid van ‘n groot opposisieparty, wat hulle beeld versterk as ‘n groeiende krag in SA-politiek.
3. Tydsberekening is belangrik: Dié skuif volg ná ‘n openbare debat én interne konflik. Dit maak dit maklik vir opposisiepartye om ‘n storie te bou van swak leierskap binne die DA.
4. Gevaar vir streeks ondersteuning: As Jacobs gewild is in sy streek of onder sekere kiesers, kan sy skuif daartoe lei dat die DA daar steun verloor aan die PA, veral met verkiesings in sig.
CCN sal verwikkeling dophou en lesers op hoogte hou



