Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us


Jong  Weskus Talent  – Bush Radio 89.5 FM!

Posted on June 27, 2025June 30, 2025 By The Editor
Community

Moenie hierdie kans mis nie

Verslaggewer – George April

VELDDRIF:- Dinsdag is Bryan-Jade Rhodes en Brilynn van Rooyen die spesiale gaste op Bush Radio 89.5 FM, tydens die gewilde middagprogram, “BackChat”  wat Maandae tot Vrydae vanaf  14:00 tot 16:00. uitgesaai  word.

Die program word aangebied deur Thomas Cedrick en Renato Van Schalkwyk en fokus op gemeenskapsontwikkeling, plaaslike en internasionale kunstenaars, en dinamiese individue en groepe. Hulle bring ook gereeld die stem van die Kaapse Vlakte en omliggende gemeenskappe na vore.

Bryan-Jade Rhodes, die jong kunstenaar van Velddrif, gaan gesels oor sy uitnodiging na die IPop International Acting Auditions wat vanaf 4 tot 8 Januarie 2026 in Los Angeles, VSA, plaasvind.  ‘N baie  groot internasionale geleentheid, wat vir hom en sy gemeenskap hoop en trots bring.

Brilynn van Rooyen, ‘n bekende musiek promotor en betrokkene by Young Dynasty NPO, gaan meer vertel oor die opwindende talent-geleenthede wat binnekort in die dorpe van die Weskus Distrik Munisipaliteit afskop.  Die eerste skool het reeds sonder huiwering die kontrak geteken, en Brilynn gaan ook die skool se naam bekend maak.

Ons  almal weet hoe maklik raak plattelandse talent verlore, en dis tyd dat daardie verborge talente bekend gestel word.

Brilynn gaan ook uitbrei oor die belangrike samewerking tussen drie organisasies, naamlik West Coast Sports Solutions NPC, Young Dynasty NPO, en Piketberg Youth Sports Development, om jong mense soos Bryan-Jade Rhodes te ondersteun en hul drome waar te maak.

Omdat Bush Radio nie altyd op gewone radio kanale op die platteland opgevang word nie, kan jy maklik aanlyn luister-
👉 https://mytuner-radio.com/radio/bush-radio-895-398234/ 👈

Moenie hierdie inspirerende storie en belangrike inligting misloop nie – skakel gerus in en ondersteun ons jong opkomende talent.

Please share with your friends:


Post navigation

❮ Previous Post: Don’t Miss this Inspiring Conversation
Next Post: Flooding in Khayelitsha & Across the Cape Flats ❯

You may also like

Community
“I’M NOT ASKING FOR MYSELF –  I’M ASKING FOR MY COMMUNITY”
June 11, 2025
Community
15 Skoolkinders Beseer in Minibustaxi Ongeluk.
November 17, 2025
Community
Paternoster Vissermanne
February 23, 2025
Community
Why Industrial Scale Energy Projects are Places Far from Cities
April 19, 2025

Recent Posts

  • Name Change – West Coast Water Festival
  • (no title)
  • CRIME CRACKDOWN ACROSS CAPE FLATS
  • ANC – SACP Rift Deepens
  • Namakwa SAPD versterk Gemeenskapsbande

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • May 2026
  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown