Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us

𝗝𝗼𝘀𝗵𝗹𝗶𝗻 𝗦𝗺𝗶𝘁𝗵 – Die Waarheid maak Seer…!

Posted on May 27, 2025 By The Editor
Community

Saldanhabaai:- Daar was weer drama in die hof toe mnr. Errol Pietersen, die maatskaplike werker verantwoordelik vir die slagoffer-impakverslae, uiteindelik verskyn het,   maar nie sonder spanning nie.

Met ‘n onverklaarbare houding teenoor regter Nathan Erasmus, het hy gou in sy plek beland, toe die regter hom droogweg aanbeveel het om eerder “’n koppie koffie te gaan haal of bietjie werk te gaan doen” terwyl die hof ‘n pouse neem.

Regter Erasmus, bekend vir sy regverdigheid en integriteit, het vroeër spottend gesê:  “Vandag lyk dit soos “Gee-die-Regter-Houding-dag,” nadat hy nie net mnr. Pietersen nie, maar ook advokaat vir Steveno van Rhyn aan moes spreek.

Tog het hy dit duidelik gemaak dat hy nie terugstaan vir uitdagings nie.

Kommentaar vanuit die gemeenskap wys duidelik die hof se gesag word hoog geag.

Lu-Anne Dodgen het gesê: “Regter Erasmus is ‘n regverdige en vriendelike man, maar hy duld nie disrespek nie.  Ek het al die voorreg gehad om in sy hof te wees,  die hoflikheid wat hy my gewys het, het my respek vir hom verdiep.”

Die saak het weer om 14:30 hervat, toe mnr. Pietersen sy getuienis gelewer het, gevolg deur ‘n familielid van mnr. Van Rhyn wat ook  moes getuig.  Die middagverrigtinge beloof om emosioneel en gespanne te wees.

Intussen het Janet Sandra Myburgh gevoel dat daar geen genade moet wees vir die beskuldigde Kelly nie. Sy het gesê: “Regter Erasmus moet swaai vir Kelly sodat sy nooit weer die son sien nie, sy is gevaarlik vir die buitewêreld. Gooi die sleutel weg!”

Ons hou aan bid dat elke waarheid aan die lig sal kom, en dat geregtigheid soos ‘n magtige rivier sal vloei…

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: Shock Twist in Joshlin Smith Sentencing
Next Post: Sonkragprojek in Hopefield ❯

You may also like

Community
“Where Do All These Guns Come From?”
October 24, 2025
Community
Nuwe Huise – 89 jarige Bejaarde Sprakeloos
April 1, 2025
Community
 Triple Killings in Imizamo Yethu, Hout Bay
October 15, 2025
Community
Hopefield Wanderers Krieketklub – 50 Jaar van Kriekettrots
December 24, 2025

Recent Posts

  • Trump-Putin Relationship Raises Questions
  • SAPD Slaan Toe – Dwelms van R140 000 Gekonfiskeer
  • HOPEFIELD WOMEN LEFT UNPROTECTED
  • Meer as 200 000 Ekstra Kinders
  • Skietvoorval in Retreat eis Een Lewe

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • October 2026
  • September 2026
  • August 2026
  • July 2026
  • June 2026
  • May 2026
  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown