Saldanhabaai:- Daar was weer drama in die hof toe mnr. Errol Pietersen, die maatskaplike werker verantwoordelik vir die slagoffer-impakverslae, uiteindelik verskyn het, ย maar nie sonder spanning nie.
Met โn onverklaarbare houding teenoor regter Nathan Erasmus, het hy gou in sy plek beland, toe die regter hom droogweg aanbeveel het om eerder โโn koppie koffie te gaan haal of bietjie werk te gaan doenโ terwyl die hof ‘n pouse neem.
Regter Erasmus, bekend vir sy regverdigheid en integriteit, het vroeรซr spottend gesรช:ย โVandag lyk dit soos “Gee-die-Regter-Houding-dag,โ nadat hy nie net mnr. Pietersen nie, maar ook advokaat vir Steveno van Rhyn aan moes spreek.
Tog het hy dit duidelik gemaak dat hy nie terugstaan vir uitdagings nie.
Kommentaar vanuit die gemeenskap wys duidelik die hof se gesag word hoog geag.
Lu-Anne Dodgen het gesรช: โRegter Erasmus is โn regverdige en vriendelike man, maar hy duld nie disrespek nie.ย Ek het al die voorreg gehad om in sy hof te wees,ย die hoflikheid wat hy my gewys het, het my respek vir hom verdiep.โ
Die saak het weer om 14:30 hervat, toe mnr. Pietersen sy getuienis gelewer het, gevolg deur โn familielid van mnr. Van Rhyn wat ookย moes getuig.ย Die middagverrigtinge beloof om emosioneel en gespanne te wees.
Intussen het Janet Sandra Myburgh gevoel dat daar geen genade moet wees vir die beskuldigde Kelly nie. Sy het gesรช: โRegter Erasmus moet swaai vir Kelly sodat sy nooit weer die son sien nie, sy is gevaarlik vir die buitewรชreld. Gooi die sleutel weg!โ
Ons hou aan bid dat elke waarheid aan die lig sal kom, en dat geregtigheid soos โn magtige rivier sal vloei…

