Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us


Piketberg Polisie Slaan-Toe op Dwelmhandel.

Posted on January 28, 2026January 28, 2026 By The Editor
Community

CCNuus

PIKETBERG:- Die waaksaamheid van lede verbonde aan Piketberg SAPS het gelei tot die inhegtenisneming van twee mans, onderskeidelik 39 en 47 jaar oud, op aanklag van dwelmhandel.

Op Dinsdag, 27 Januarie 2026, omstreeks 04:35, was polisielede besig met sigbare polisiëringspatrollies in Piketberg toe hulle ‘n verdagte voertuig opgemerk het.

Toe die bestuurder besef het dat die polisie hom agtervolg, het hy ‘n swart sak by die venster uitgesmyt.  Die lede het egter nie opgegee nie en die agtervolging voortgesit totdat die verdagte uiteindelik vasgetrek en in hegtenis geneem is.

By die deursoeking van die swart sak is “5 990 Mandrax-tablette” gevind.

Die 47-jarige verdagte is in hegtenis geneem.  Verdere ondersoek het die lede na ‘n adres in Piketberg gelei. Tydens ‘n deursoeking van die perseel is nog “741 Mandrax-tablette”  en “820 sakkies tik”  gevind.

‘n 39-jarige man is op die perseel in hegtenis geneem op aanklag van dwelmhandel.

Beide verdagtes het vandag, 28 Januarie 2026, in die Piketberg Landdroshof verskyn op die betrokke aanklagte.

#DrugsOffTheStreets – Die SAPS se onwrikbare verbintenis tot die verwydering van dwelms van ons strate bly staan.  Gemeenskappe word aangemoedig om inligting anoniem te deel via die SAPS-kontaklyn of die MySAPS-app om sulke aktiwiteite te help stop.

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: Bush Radio Interview Highlights the Hopefield Pool Project
Next Post: Manhunt Underway After Triple Murder ❯

You may also like

Community
Menshandel is nie net ‘n stadsprobleem nie
March 17, 2025
Community
Vyf vandag in Villiersdorp hof
October 27, 2025
Community
Lewenslange Tronkstraf Dreig vir Pa en Seun
April 9, 2025
Community
Gemeenskap se Inkomste Stop – Skietbaan Maak Weer Oop in Hopefield
May 27, 2025

Recent Posts

  • Massa Skietery in Kalksteenfontein
  • Olie Prysskok weens Midde Ooste oorlog
  • CCN Exclusive: Hanover Park Chaos
  • Drie mans vanoggend doodgeskiet by taxi staanplek
  • Soccer Night Turns Deadly

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown