Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us


Die Waarheid oor Misdaad in die Stad

Posted on August 22, 2025August 27, 2025 By The Editor
Community

MOENIE JY VERLEI WORD NIE

Daar gaan tans ’n boodskap op sosiale media rond dat sekere partye, die Nasionale Kleurling Kongres, die Patriotic Alliance, GOOD en Al Jama-ah,  teen die stryd teen misdaad sou wees.

Hierdie siening is nie waar nie, lees die post van Lyle Liam Lawrence

Die DA probeer die indruk skep dat die verwerping van ’n mosie, beteken dat ander partye nie omgee oor veiligheid nie.

Maar die feite wys ’n ander prentjie.

Die Stad Kaapstad het reeds ’n veiligheids- en sekuriteitsbegroting van meer as R6.7 miljard.
Hulle bestuur Metro Polisie, LEAP-offisiere, Verkeersdienste, Wetstoepassing, CCTV-stelsels en verskeie spesiale eenhede.
As hierdie strukture regtig ’n verskil gemaak het, sou ons gemeenskappe dit gevoel het.

Die werklikheid?

Bendegeweld is erger as ooit. Hanover Park, Manenberg, Bonteheuwel en Delft leef steeds onder beleg. Kinders word nog op straat geskiet.

R86 miljoen is aan kameras bestee, maar mense vra elke keer na ’n misdaad: “Waar is die bewyse?” Baie kameras werk nie, is swak geplaas, of niemand monitor dit nie.

Selfs in plekke soos Tygerberg Hospitaal kon personeel nie beskerm word teen gewapende rowers nie.

LEAP-offisiere word dikwels voorgehou as ’n sukses, maar die Stad se eie dokumente wys dat dit nie bendegeweld verminder, of mense se veiligheid verbeter het nie.
Hulle word soms swak opgelei en vermy die gevaarlikste gebiede.

Intussen sien gemeenskappe hoe Wetstoepassing eerder gebruik word om haweloses uit te sit, straathandelaars te teiken en betogings uiteen te jaag.  In  plaas daarvan om bendes en gewelddadige misdadigers aan te pak.

En nou word mense gevra om te glo dat nóg magte die oplossing gaan wees? Die waarheid is: die Stad het reeds die geld, die mensekrag en die strukture. Wat ontbreek, is die resultate.

Die partye wat teen die mosie gestem het, het dit gedoen omdat dit onverantwoordelik sou wees om nóg magte toe te vertrou aan ’n stelsel wat nie eens sy huidige gereedskap effektief gebruik nie.

Moenie mislei word nie, hierdie mosie was nie oor geregtigheid nie – dit was ’n politieke skuif.

Kaapse gemeenskappe verdien werklike beskerming, nie PR-stunts en beeldbestuur nie. Die fokus moet wees op regte oplossings en samewerking om bendegeweld en misdaad te beveg, nie om skuld weg te skuif nie.

Ward 65-takvoorsitter
Lyle Liam Lawrence

Please share with your friends:


Post navigation

❮ Previous Post: Baby Dies After Being Caught in Gang Shooting
Next Post: Sentencing – Wynberg Court Assassination ❯

You may also like

Community
Afperser vasgetrek in Gugulethu
February 3, 2026
Community
Schoolgirl (15) Gunned Down
June 12, 2025
Community
Die Krag van ‘n Moeder se Liefde
January 30, 2026
Community
Blou Draak-gevaar op Muizenberg-strand
January 29, 2026

Recent Posts

  • CRIME CRACKDOWN ACROSS CAPE FLATS
  • ANC – SACP Rift Deepens
  • Namakwa SAPD versterk Gemeenskapsbande
  • Groot Probleme met Internskappe
  • LEARNERSHIP OUTCRY: Northern Cape Participants

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown