Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us


Nababeep – Vrou in Hegtenis vir Dwelm Verwante Aktiwiteite

Posted on December 14, 2025December 15, 2025 By The Editor
Community

Verslaggewer – Isaac Cloete

Springbok:- Lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in Springbok het ’n 25-jarige vrou in hegtenis geneem, in verband met dwelmhandel, ná ’n intelligensiegedrewe operasie.

Volgens polisie-inligting is daar op Vrydag,  omstreeks 12:00 berig ontvang oor beweerde dwelmverwante aktiwiteite, insluitend ’n aflewering wat na bewering in die parkeerarea van ’n winkelsentrum in Springbok sou plaasvind.

Polisielede het onmiddellik op die inligting gereageer en na die betrokke parkeerarea gegaan, waar die verdagte geïdentifiseer en genader is. Tydens ’n deursoeking is vermeende metakwaloon-tablette en metamfetamien (tik) in haar besit gevind.

Die verdagte het daarna met die polisie saamgewerk en hulle na haar woning in Nababeep geneem, waar ’n deursoeking met haar toestemming uitgevoer is. Tydens dié soektog is verdere metakwaloon-tablette op die perseel gevind.

In totaal het die polisie ’n beduidende hoeveelheid vermeende metakwaloon-tablette met ’n geskatte straatwaarde van R29 940, asook metamfetamien (tik) met ’n geskatte straatwaarde van R15 000, beslag gelê.

Die verdagte is in hegtenis geneem en van dwelmhandel aangekla. Sy sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.

Die Namakwa-distrikskommissaris, brigadier Schalk Andrews, het die betrokke lede geloof vir hul waaksaamheid en toewyding in die stryd teen onwettige dwelms in die gemeenskap.

Die SAPD bly verbind tot die bekamping van dwelmverwante misdaad in die distrik en doen ’n beroep op gemeenskapslede om voort te gaan om inligting te verskaf wat kan help in die stryd teen misdaad.

Navrae:
Kaptein Ivan Magerman
SAPD Namakwa Kommunikasiebeampte
083 478 9317

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: Violence Surge Across Cape Town Communities
Next Post: Verdere Arrestasies in Skokkende “Smach & Grap” moord van Afgetrede Onderwyseres ❯

You may also like

Community
“Our Streets Are Crying”  
June 3, 2025
Community
Swift Action by NIU Leads to Arrests in Kidnapping & Robbery Case
October 13, 2025
Community
Series of Violent Attacks Shock Western Cape Communities
October 28, 2025
Community
SA Van Wyk Hoërskool Jubel oor Oorvloedige Feesseënninge
August 20, 2025

Recent Posts

  • Justice Delayed – Justice Denied?
  •  Delft-ma kla polisie aan
  • Nege Verdagtes vasgetrek in Atlantis
  • EFF Leader – Julius Malema
  • CCN EXCLUSIVE – Trump’s War Hits South African’s Pumps

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown