Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us

Goeie Polisiëring – Verdagtes in Hegtenis

Posted on December 15, 2025December 17, 2025 By The Editor
Headline

Verslaggewer – George April

Wynberg:- Vroeër vandag het die polisie inligting ontvang via verskeie sosiale media platforms,  oor ’n verdagte Quantum-minibus wat na bewering oppad was na Wynberg.Volgens inligting, met die doel om ’n getuie wat vandag in die hof sou verskyn, dood te skiet.

Die Wynberg SSK (CBD) Operasionele Span is onmiddellik gemobiliseer en het patrollering en waarneming in en rondom die Wynberg-landdroshof uitgevoer.

Tydens patrollie het lede ’n verdagte Quantum op Kerkstraat opgemerk met sewe insittendes binne die voertuig.  Met die toepassing van hul taktiese opleiding het die polisie die voertuig genader en die insittendes beveel om uit te klim.

Al sewe persone is deursoek en daar is beslag gelê op drie verbode vuurwapens, ammunisie, gevaarlike wapens, selfone asook verdowingsmiddels.

Voorlopige ondersoeke dui daarop dat die verdagtes verbind kan word aan bekende bendes en moontlik betrokke was by vorige skietvoorvalle.

Die verdagtes, wat in Vrygrond, Seawinds, Retreat, Westlake, Mfuleni en Tafelsig woonagtig is, is in hegtenis geneem en aan Wynberg SAPD oorhandig vir verdere ondersoek.

Hierdie optrede word beskou as uitstekende polisiëring wat moontlik ’n ernstige misdaad en verlies aan lewe verhoed het.

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: Fake Police Members Arrested and Killed by Police
Next Post: Follow-up: Off-Duty LEAP Officer Killed ❯

You may also like

Headline
R500 000 Ontwettige Seelewe
September 23, 2026
Headline
Unfair Dismissal, Corruption, and a Fight for Justice
February 20, 2025
Headline
Delft Crime Crackdown Yields Major Drug & Firearm Bust
June 30, 2025
Headline
Major LEAP firearms bust in Crossroads Nets
July 30, 2026

Recent Posts

  • Wetstoepassings Beampte en Twee Ander Sterf
  • Suspects Face Charges – Illegal Possession of Firearms and Ammunition
  • HOPEFIELD – WIE BESKERM ONS KINDERS SE TOEKOMS
  • Maatskappy Aansoek Verval
  • N DISCO-FUNKSIE MET N GEESTELIKE AFSLUITING

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • October 2026
  • September 2026
  • August 2026
  • July 2026
  • June 2026
  • May 2026
  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown