Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us

Suksesvolle Multi-Dissiplinêre Operasie in Namakwa-distrik

Posted on December 16, 2025December 17, 2025 By The Editor
Headline

Pak Onwettige Mynbou en Immigrante aan

CCN Nuus

Port Nolloth:- As deel van die #SaferFestiveSeason-operasies en deurlopende pogings om #IllegalMining uit te roei, het ‘n multi-dissiplinêre operasie onder leiding van die Namakwa-distriks kommissaris, Brigadier Schalk Andrews, vandag in die Namakwa-distrik plaasgevind.Vroeë oggend skoonmaakoperasies is gelyktydig in Kleinzee, Nuttabooi en Bontekoe uitgevoer.
Die operasie het multi-dissiplinêre spanne ingesluit, wat uit verskeie SAPD-eenhede van die distrik en provinsiale komponente bestaan het.  Hulle was ondersteun deur die Departement van Binnelandse Sake (Immigrasie), die Grensbestuursowerheid en die Nasionale Vervolgingsgesag.

Die gesamentlike pogings het gefokus op die aanspreek van onwettige mynbou-aktiwiteite en die teenwoordigheid van ongedokumenteerde buitelandse burgers.
Tydens die operasie is elf (11) ongedokumenteerde buitelandse burgers in hegtenis geneem en aan immigrasie beamptes oorhandig vir verdere verwerking.  Gereedskap en toerusting wat vermoedelik gebruik is in die pleeg van onwettige mynbou-aktiwiteite, is ook gekonfiskeer.
Fase twee van die operasie het gefokus op geteikende invalle by geïdentifiseerde persele in Port Nolloth,  in samewerking met Misdaad inligting.
Misdaad inligting-gedrewe en geteikende ontwrigtende operasies sal onverpoos voortgaan oor die provinsie, tydens die feestyd en daarna om onwettige mynbou en verwante kriminele aktiwiteite te bekamp.

Hierdie aksie vorm deel van die breër #SaferFestiveSeason-inisiatief om misdaad te bekamp en veiligheid te verseker tydens die feestydperk.

Bron: Amptelike SAPD-media verklaring.

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: 🇿🇦 Day of Reconciliation 🇿🇦
Next Post: State Opposes Bail for 11 Anti-Gang Unit Members ❯

You may also like

Headline
Cape Town Electricity Shock
July 5, 2025
Headline
Police Seize Major Drug Haul
March 19, 2025
Headline
Weskus Distrik Munisipaliteit – 15 de skoon Oudit
November 28, 2025
Headline
Hopefield Divided – Upcoming Solar Farm
February 24, 2026

Recent Posts

  • Police Make Breakthrough in Samora Machel Church Robbery
  • Hopefield Rugbyklub en Phelan Green Group Vennootskap
  • BYBELKLAS” ONNIE VAN VIOOLSDRIFT GEVONNIS
  • Residents Demand Answers on Water Risks, Biodiversity Loss & Opaque
  • City of Cape Town Finance Mayco Member’s Home Raided

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • June 2026
  • May 2026
  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown