Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us

Click Here or on the picture to read more.

SKOK In Noord-KAAP

Posted on January 31, 2026 By The Editor
Headline

PA se Senior Amptenaar Vasgetrek vir Gewapende Roof

Kimberley:- Die Patriotic Alliance (PA) se reputasie het ‘n groot hou in die Noord-Kaap gekry, ná ‘n skokkende arrestasie: Shadrack Mocholo (44), die party se Frances Baard-streeks adjunkvoorsitter, staan tereg vir sy beweerde betrokkenheid by ‘n gewapende roof by die Shoprite in Kimberley se CBD.

Op Sondag 18 Januarie 2026, omstreeks 06:00 die oggend, het vier gewapende mans die winkel bestorm. Hulle het personeel ruweg behandel, bedreig en ‘n groot bedrag kontant geroof.  In die chaos is ‘n 54-jarige winkel werknemer in die hand geskiet.  ‘N besering wat hom hospitaal toe gestuur het,  maar hy is nou buite gevaar en herstel.

Mocholo is kort daarna in hegtenis geneem deur die polisie se ernstige en gewelddadige misdade-eenheid.  Hy het op Woensdag  in die Kimberley-landdroshof verskyn,  op ‘n swaar Schedule 6-aanklag: roof met verswarende omstandighede.  Die saak is uitgestel, en sy formele borgtogaansoek word volgende week 4 Februarie  aangehoor.  Ondersteuners van hom was in die hof en het volgehou:  “Die waarheid sal in die hof uitkom.”

Die PA het vinnig opgetree:  Volgens ‘n amptelike verklaring van die Frances Baard-streeksvoorsitter, Lezelle Jackson, is Mocholo onmiddellik op “precautionary suspension” geplaas. Dis nou  hangende die volle uitslag van die polisie se ondersoek.  Die party belowe volle samewerking met die SAPD en neem die saak “baie ernstig” op.

Hierdie voorval stuur skokgolwe deur die gemeenskappe, veral in ‘n tyd waar die PA hulleself as ‘n party van integriteit en misdaad bestryding positioneer.  ‘N hoëprofiel-amptenaar wat self in ‘n gewelddadige roof betrokke sou wees?

Dit laat vrae hang oor leierskapkeuses op plaaslike vlak.

Ons by CCN glo in deursigtigheid en verantwoording,  veral van politieke leiers wat belowe om misdaad te beveg.

Die polisie se woordvoerder, Warrant Officer Molefi Shemane, het volgens ‘n betroubare bron, bevestig die ondersoek duur voort.  Ons sal enige nuwe ontwikkelinge (insluitend borgtog en moontlike party-reaksies) dadelik opvolg.

Bronne: Diamond Fields Advertiser (30 Jan 2026), Noordkaap Bulletin, en amptelike party-verklarings.

Foto: Aanlyn Media

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: Fatal Shooting of Security Officer in KTC
Next Post: From Hurt to Strength –  Nadia’s Legacy ❯

You may also like

Headline
Easter Weekend – CrimeSurgeAhead
April 17, 2025
Headline
Double Murder – Taxi Pick – Up Point
August 26, 2025
Headline
Legal Battle Over Matzikama Municipal Council Far From Over
June 30, 2025
Headline
Cape Flats Bleeding
May 24, 2025

Recent Posts

  • Saldanha Bay se Nuwe Hoofstuk – André Truter Bedank
  • From Hurt to Strength –  Nadia’s Legacy
  • SKOK In Noord-KAAP
  • Fatal Shooting of Security Officer in KTC
  • High Court Grants Bail to 10 Anti-Gang Unit Members

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown