Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us

Dood van Polisie – Egpaar Skok Namakwaland

Posted on May 6, 2026May 6, 2026 By The Editor
Headline

Kommer  oor Veiligheid op dié betrokke Pad

Verslaggewer –  Isaac Cloete

SPRINGBOK:- Die skielike en tragiese dood van twee geliefde polisiebeamptes het skokgolwe deur verskeie gemeenskappe in Namakwaland gestuur.
Kaptein Edward Saal (57) en sy vrou, kaptein Liezel Saal, is Maandagoggend oorlede ná ’n ernstige motorongeluk op die Piekenierskloof Pass, tussen Piketberg en Eendekuil.
Volgens ’n amptelike polisieverklaring is dit “met groot hartseer” dat die afsterwe van die twee beamptes bevestig is.
Kaptein Saal was ten tyde van sy dood verbonde aan die Springbok-hof, terwyl sy vrou in die Menslike Hulpbronbestuur-afdeling in Springbok werksaam was.
Volgens beskikbare inligting was die egpaar op pad na Kaapstad om hul huweliksherdenking te vier, toe die voertuig waarin hulle gereis het vermoedelik ’n band gebars het. Kaptein Saal is op die toneel dood verklaar, terwyl mev. Saal ernstig beseer na die hospitaal geneem is, waar sy later aan haar beserings beswyk het.
Plaaslike aktivis Billy Claasen het bevestig dat die ongeluk naby Goedemanskraal, oorkant Eendekuil, plaasgevind het. Hy het ook motoriste gemaan om versigtig te wees, aangesien daar tans verskeie padwerke in die gebied aan die gang is.
Die egpaar het in Nababeep, naby Springbok, gewoon, waar hul afsterwe veral diep gevoel word. Gemeenskapslede beskryf kaptein Saal as ’n saggeaarde en toegewyde beampte wat sy werk met trots en oorgawe verrig het.
Die Saal-egpaar word onthou as vriendelike en respekvolle lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens, en hul heengaan laat ’n groot leemte in beide hul werksplek en gemeenskap.
Die voorval het opnuut vrae laat ontstaan oor padveiligheid op dié roete, waar padwerke en veranderende toestande reeds kommer onder motoriste wek.
Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: Oproep vir Verpligte Militêre Opleiding vir Jongmense
Next Post: Fadiel Adams se borgaansoek uitgestel tot Vrydag ❯

You may also like

Headline
Groot Wapenfonds in Ravensmead
March 1, 2026
Headline
Joshlin Case – Week Round up
March 20, 2025
Headline
  Orania vs. Constantia
May 12, 2025
Headline
“We’re Not Xenophobic – We’re Desperate”
July 28, 2025

Recent Posts

  • Goue Spele – vier Aktiewe en Gesonde leefstyl
  • Spesiale Taakmag beëindig vyandige skietstryd 
  • Patrick Claassen: Die Hopefield-seun wat Craven Week gehaal het
  • HOPEFIELD SE WATER EN WERK
  • Kropz/Trollope Workers Raise Questions Over Disciplinary Consistency

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • August 2026
  • July 2026
  • June 2026
  • May 2026
  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown