Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us

HOPEFIELD – VERGADERING ONTWRIG

Posted on October 26, 2026October 26, 2026 By The Editor
Community

 – GEEN OPLOSSINGS GEVIND

Die gemeenskapsvergadering wat Vrydagaand in die Thusongsaal gehou is om oplossings te soek vir Hopefield-kinders se skoolplasings, is ernstig ontwrig en het sonder enige pad vorentoe geëindig.Die Hopefield Gemeenskap Forum het die vergadering belê nadat betroubaar verneem is dat skole in buurdorpe, waar baie Hopefield-kinders tans skoolgaan, se deure besig is om toe te gaan.  Dit is Vrydagaand bevestig deur ’n ouer wat Donderdag ’n vergadering by die hoërskool in Moorreesburg bygewoon het oor Hopefield se kinders se teenwoordigheid by die betrokke skool.

Die doel van Vrydagaand se vergadering was duidelik: om in samewerking met die WKOD praktiese oplossings te soek vir leerders wat moontlik in 2027 sonder skoolplek gaan sit.

Die Forum het vooraf uitdruklik duidelik gemaak dat die langlopende probleem rondom Hopefield Hoërskool (HSH) nie deel van die bespreking sou vorm nie.

Die rede is eenvoudig: daar word al jare lank met die WKOD en ander rolspelers oor toegang tot HSH onderhandel, sonder noemenswaardige vordering. Daardie kwessie gaan nie in een gemeenskapsvergadering opgelos word nie.

Die fokus was eerder op die meer dringende krisis,  kinders van Hopefield Primêr wat sukkel om plek in Graad 10 en ander grade by skole in die omliggende dorpe te kry.

Ongelukkig het die vergadering ontaard.

In plaas daarvan dat daar soos ordentlike gemeenskapsleiers gespreks gevoer is, is die WKOD-verteenwoordiger met snedige beledigings en aantuigings bestorm. Ten spyte daarvan dat die amptenaar herhaaldelik verduidelik het dat hy nie daar was om die HSH-saak te hanteer nie, en die inhoud van die uitnodiging weer verduidelik het, is hy geïgnoreer.

Ouers het een vir een opgestaan en die saal verlaat. Die vergadering is beëindig sonder dat enige besonderhede oor ’n pad vorentoe bespreek of ooreengekom is.

Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement se verteenwoordiger het dit ook duidelik gemaak dat die probleem in Hopefield, hoe ernstig ook al, in perspektief gesien moet word.  In die Matzikama-streek maak drie verskillende skole se Graad 9-leerders klaar, en matriekklasse is daar ’n absolute luukse.

Die boodskap was helder: Hopefield se uitdaging is nie onoplosbaar nie,  mits die gemeenskap bereid is om die kinders eerste te stel.

As stigter van die Hopefield Gemeenskap Forum wil ek my diep teleurstelling uitspreek oor die verloop van die aand.  Ek wil ook hartlik om verskoning vra teenoor die WKOD-verteenwoordiger, profesor H Bastiaan wat Vrydagaand daardie onmanierlike en onprofessionele optrede moes verduur.

Die kinders van Hopefield verdien beter as politieke sirkusse. Die probleem van skoolplasings bly werklik, en dit gaan nie verdwyn omdat ’n vergadering ontwrig is nie.

Vandaand word ’n soortgelyke vergadering in dieselfde saal gehou,  hierdie keer sonder enige verteenwoordiger van die Wes-Kaapse Onderwysdepartement.  Ouers en politieke leiers het Vrydagaand die kans gehad om hande te vat en die kinders eerste te stel.

Hulle het dit nie gedoen nie.

Die vraag wat nou oorbly is eenvoudig:
Wie gaan uiteindelik die prys betaal vir hierdie verdeeldheid?

Die politieke spelers… of die kinders van Hopefield?

As stigter van diè Hopefield Gemeenskap Forum eht ek ‘n amptelike verskoningsbrief aan die betrokke depardement geskrywe, waarin ek namans ons organisasie verskoning vra vir die onprofesionele optrede deur ons sogenaamde leiers en sommige gemeenskaplede.

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: Marigolds lig Trofee ná Riller-Eindstryd
Next Post: ‘N Slikdam van Mynmaatskappy Dreigende Bom ❯

You may also like

Community
Wanneer is Kinders se Veiligheid ‘n Prioriteit?”
January 29, 2025
Community
Two Suspects in Police Custidy
October 28, 2026
Community
Controlled Burn Alert in Glencairn
August 6, 2025
Community
Kaapse Vlakte in Krises
September 9, 2025

Recent Posts

  • HOPEFIELD SE KRISES
  • Hopefield’s Children Still Needs Us
  • Delft Residents Raise Alarm Over Early -Mornings Robberies
  • Two Suspects in Police Custidy
  • CAPE TOWN’S R2 BILLION ELECTRICITY TARIFF DISPUTE

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • November 2026
  • October 2026
  • September 2026
  • August 2026
  • July 2026
  • June 2026
  • May 2026
  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown