“Ons Moet Die Oorsake van Misdaad Aanspreek – Nie Net Die Gevolge Nie”
Hopefield, Wes-Kaap:- Die stigter van West Coast Sports Solutions, ‘n nie-winsgewende organisasie wat al jare sonder vergoeding veg vir sportgeleenthede vir jeug in afgeleë Plattelandse gebiede, het ‘n kragtige pleidooi gerig aan regering, plaaslike besighede en sportowerhede:
“Ons moet die oorsake van misdaad aanspreek – nie net die gevolge nie.”
Hierdie dringende oproep volg nadat Minister Patricia de Lille onlangse ‘n kommentaar gelewer het oor hoe apartheid en voortdurende sosiale verval bydra tot misdaad en bendegeweld.
George C April sê: “Ek stem volkome saam met Minister De Lille. “Maar dit gaan nie net oor die verlede of politiek nie, dit gaan oor wat ons vandag doen.” “Ek sien elke dag kinders wat ledig is, sonder rigting, sonder hoop. Hulle raak betrokke by dwelms, drank, bendes, en selfs swangerskap vanaf kinder ouderdom
- Dis is beslis nie normaal nie, dis ‘n krisis.”
Die Stelsel Faal Ons Jeug
Dit is al duidelik dat die regstelsel, onderwys en plaaslike ondersteuning in duie stort.
- Weet u hoeveel laerskool kinders op die plattelandse dorpie soos in Hopefield al opgehou het met skool?
- Hoeveel jongmense dwaal daagliks rond sonder werk?
- Misdadigers kry meer regte as slagoffers.
Politici swyg.
- Dis asof die lyding van plattelandse mense nie tel nie.”
Belofte van R1 Miljoen – Maar Stilte vir Hopefield
Die gemeenskap voel verraai deur plaaslike en nasionale sportowerhede, die ouers het al moed opgegee, dis waarom so baie kinders nie meer skoolgaan nie.
- En moenie dit as ‘n verskoning sien nie.
“Tydens die Paasfees Rugby Toernooi in Saldanhabaai het Amoya Energie, ‘n maatskappy op Hopefield, R300 000 aan die rugbyklub geskenk. DIE Saldanha Super-8 Easter Tournament het nou selfs internasionale belangstelling gewek en daarby het die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKezie, ’n borgskap van R1 miljoen aan die toernooi toegeken. Dis dieselfde Minister van Sport wie se kantoor in Vredenburg, nie eers ‘n faktuur van R3 500 vir sporttoerusting beantwoord nie.”
My vraag
- Is ons kinders minder werd omdat hulle op Hopefield bly?
- Hoekom word ons nooit genooi na sulke toernooie nie?
- Ons kry uitnodigings na spoggeleenthede in Kaapstad, maar het nie eens vervoer of toerusting nie.
- Dis ‘n ongelyke speelveld, en ek gaan nie stilbly tot die volgende verkiesing nie.”
Die Ware Oplossing lê in Gemeenskapsontwikkeling
- Minister De Lille het reg gesê, die polisie kan nie gemeenskappe bou nie.
- Ons het ‘n leër van sportafrigters, jeugwerkers, en mentors nodig.
- Ons het meer hoop, nie meer tralies”
West Coast Sports Solutions het reeds jong atlete wat droom van die Olimpiese Spele, maar sonder toerusting, vervaag daardie drome.
“Politici gebruik gemeenskappe vir foto’s voor verkiesings, daarna verdwyn hulle. Misdaad hou selfs Plattelandse families weg, wat familie begrafnisse op die Kaapse Vlakte wil bywoon, dis hoe diep misdaad en armoede is.
- Dis die werklikheid.
- Dis tyd dat ons dit sê soos dit is.
- Dis tyd vir waarheid.”
Kontak vir media-navrae:
Naam: George C April
Organisasie: West Coast Sports Solutions
Selfoon: 067 074 5040
E-pos: admin@wcsportssolutions.co.za
Webwerf: https://www.wcsportssolutions.co.za/

