Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us


Velddrif Tussen-Verkiesing

Posted on July 5, 2025July 7, 2025 By The Editor
Community

PA-kandidaat trek lof én verdeeldheid

Berig – George April

Velddrif:- Die politieke gemoedere in Wyk 6, Velddrif, loop hoog voor die komende tussen-verkiesing.

Dié verkiesing  het nodig geword,  ná die bedanking van ‘n DA-raadslid.

Terwyl die Patriotic Alliance (PA) hul kandidaat aangekondig het, is nie almal binne die party gelukkig oor hoe dinge verloop het nie.

Die amptelike PA-kandidaat vir die tussenverkiesing is Reginald Carolus, ‘n man wat volgens gemeenskapsleiers reeds sy staal bewys het as leier en brugbouer.

Jacky September van Hopefield, wat Carolus goed ken uit die rugbykringe van Boland en plaaslike klub vergaderings, glo hy is die regte persoon vir die posisie. “Ek het hom leer ken as ‘n goeie spreker, taktvol en ‘n mense-mens. In onderhandelinge tree hy professioneel op. Toe ek hoor hy is ‘n politieke kandidaat, het ek dadelik gesê: Velddrif het ‘n leier op hande wat sy medemens eerste stel,” sê September.

Binnegevegte in die PA

Nietemin is daar duidelike verdeeldheid binne die PA, veral ná die onverwagse terugkeer van Sammy Claassen, wat volgens lede die bestaande strukture ontwrig het. Claassen, wat sowat twee jaar van die aktiewe politiek afwesig was, het volgens berigte sy eie invloed aangewend om die verkiesingsproses te beïnvloed, wat tot ontevredenheid by lojale PA lede oor Albert Earl se uitsluiting gelei het.

Op sosiale media het Lee-Roy Joseph sy ergenis  uitgespreek: “Kiesers verdien eerlike, deursigtige en eenheidsgerigte leierskap,  nie persoonlike agendas en magspeletjies nie.”

Knoop deurgehaak

Ten spyte van die interne spanning het die PA se leierskap die besluit geneem: Reginald Carolus is die amptelike kandidaat vir die tussenverkiesing in Wyk 6.

Die gemeenskap kyk nou na die verkiesingsdag, waar kiesers self sal besluit wie hul vertroue en stemme werd is.

Onder leiding van Albert Earl is die PA die afgelope twee jaar relevant en aktief gehou in Noordhoek , en het baie gehoop dat sy toewyding beloon sou word met die raadslid kandidaat posisie. Tot die teleurstelling van talle het Claassen egter inggeryp en sy eie kandidaat voorgestel, ten koste van dié wat die grondwerk gedoen het.

Hierdie agterbakse optrede het die vertroue van kiesers en aktiviste geskaad. Diegene wat hard gewerk het vir die party, voel nou verraai en uitgeskuif, terwyl verdeeldheid onder lede toeneem.

Kiesers verdien eerlike, deursigtige en eenheidsgerigte leierskap, nie persoonlike agendas en magspeletjies nie. So het gemeenskapslede reageer, wie CCN Vrydag om kommentaar genader het.

Sammy Claassen se politieke loopbaan het in die ANC begin, waarna hy Good, DA, PA en in 2022 by die People’s Movement For Change (PMC) van Marius Fransman aangesluut het. Laat verlede jaar het Sammy tot baie mense se verbasing weer by die PA aangesluit.

Dit nadat hy met die Nationale verkiesing Gayton McKenzy gereeld op sosisle media aangeval het, terwyl hy by PMC was.

En hier kom Claassen volgens Lee-Roy Joseph, verdeeldheid in Velddrif saai.

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: Triple Murder Shocks Mfuleni Community
Next Post: United in Prayer ❯

You may also like

Community
Community and Police Join Forces to Tackle Extortion
July 18, 2025
Community
Taxi Rank Shooting
February 14, 2026
Community
Vyfjarige en man gewond in skietvoorval in Eersterivier
June 5, 2025
Community
Nuwe Moorreesburg Hoërskool vier Eerste Diploma Plegtiheid
October 20, 2025

Recent Posts

  • Massa Skietery in Kalksteenfontein
  • Olie Prysskok weens Midde Ooste oorlog
  • CCN Exclusive: Hanover Park Chaos
  • Drie mans vanoggend doodgeskiet by taxi staanplek
  • Soccer Night Turns Deadly

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown