Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us


Lavender Hill – Onwettige Vuurwapens op Kaapse Vlakte

Posted on October 22, 2025October 22, 2025 By The Editor
Community

Verslaggewer – Felicity Jooste

Lavender Hil:-  ’n Skokkende skietvoorval in Lavender Hill op Dinsdag­aand, het die kwesbaarheid van wetstoepassers en die groeiende vloei van onwettige vuurwapens op die Kaapse Vlakte opnuut onder die soeklig geplaas.Volgens die polisie is twee lede van die teenbende-eenheid (Anti-Gang Unit) geskiet en gewond toe hulle ’n voertuig agternagesit het.  Die voorval het omstreeks 18:25 in Mirbyweg plaasgevind toe ’n polisiekaptein en ’n sersant die voertuig tot stilstand gebring het.  Skielik het onbekende aanvallers uit die gemeenskap op hulle begin skiet.

Die twee beamptes is in ’n mediese fasiliteit opgeneem vir behandeling en  geen arrestasies is nog gemaak nie.

Die voorval het groot kommer ontlok oor die feit dat gewere en ander vuurwapens al hoe makliker in gemeenskappe soos Lavender Hill, Steenberg en ander gebiede op die Kaapse Vlakte beskikbaar is. “Die vraag is: wat gebeur met al die wapens wat die polisie konfiskeer? Hoekom bly nuwe wapens elke week weer op straat uitkom?” vra ’n bekommerde inwoner.

Gewelddadige bende-aktiwiteite en maklike toegang tot wapens maak dit toenemend gevaarlik vir beide gemeenskappe én diegene wat hulle moet beskerm. Kenners waarsku dat georganiseerde kriminele netwerke en korrupsie ’n groot rol speel in die voortdurende vloei van vuurwapens na bendes.

Die polisie doen ’n beroep op enigiemand met inligting oor die skietery om Crime Stop te kontak by 08600 10111 of die MySAPS-toepassing te gebruik. Alle inligting kan anoniem verskaf word.

Hierdie insident is ’n harde herinnering dat as gemeenskappe nie wetstoepassing ondersteun nie, die misdadigers sterker word  en almal is uiteindelik in gevaar.

Please share with your friends:


Post navigation

❮ Previous Post: Brutal Assault at Milnerton High Sparks Nationwide Outrage
Next Post: Overcome Heights Community Cries Out ❯

You may also like

Community
Misdaad Buite Beheer op Kaapse Vlakte –
August 12, 2025
Community
New Police Leadership for Safer Streets
March 17, 2026
Community
Taxi Carrying 49 Children to School
February 5, 2026
Community
Blou Draak-gevaar op Muizenberg-strand
January 29, 2026

Recent Posts

  • West Coast Rising Stars
  • Rugstekery in Saldanhabaai
  • Atlantis Double Murder Case
  • “Cederberg en Ceres Onder Water”
  • War Comes Home

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • May 2026
  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown