Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us


Man dood en jong man gewond in drive – by skietery 

Posted on December 5, 2025December 5, 2025 By The Editor
Community

Een verdagte vas

MANENBERG:-  ’N 45-jarige man is Donderdagoggend in ’n beweerde dry-by skietvoorval op die hoek van Duinefontein- en Turfhallweg doodgeskiet, terwyl ’n jong man gewond is.

Een verdagte is reeds in hegtenis geneem.

Volgens polisiewoordvoerder, kaptein Ian Bennett, is die slagoffers deur onbekende gewapende mans in ’n swart Hyundai Atos bestook. Wetstoepassingsbeamptes wat die aanval gesien het, het onmiddellik op die vlugtende voertuig vuur geopen. ’n Kort hoëspoed-jaagtog het gevolg voor die voertuig in Amazon Way tot stilstand gedwing is.

Een van die verdagtes is met ’n skietwond in die rug in die motor aangetref. Nog ’n man het te voet probeer vlug maar is vinnig vasgetrek. Drie verdagtes het egter daarin geslaag om te ontsnap en word steeds gesoek.

Daar is ook bevestig dat die voertuig in Woodstock as gekaap aangemeld is.  Die polisie ondersoek sake van moord en poging tot moord.

Enigiemand met inligting word versoek om SAPS te kontak.

In ‘n twede voorval is die liggaam van ‘n man uit die hawe water gehaal,  en na die hospitaal geneem.

’N ondersoek is tans aan die gang, nadat die liggaam  van ‘n man Donderdagoggend uit die water by die Tafelbaai-hawe gehaal is.  ‘N  kind, na raming tussen vyf en tien jaar oud, is gered en met spoed na ’n hospitaal geneem.

Polisiewoordvoerder, sersant Wesley Twigg, het bevestig dat ’n doodsondersoek geopen is nadat die man se liggaam deur duikers uit die water verwyder is.  Mediese personeel het hom op die toneel dood verklaar.

Die kind is lewend uit die water gehaal en vir behandeling gestabiliseer. B esonderhede oor sy toestand is nog nie bekendgemaak nie.  Duikers het die hawe verder deursoek vir leidrade.

Hoewel berigte op sosiale media suggereer dat die man die water ingespring het met die kind – moontlik ’n selfdoodpoging – kon Twigg nie bevestig dat die twee verwant is nie, maar wel dat beide saam in die water opgemerk is.

Enigiemand met inligting word versoek om Crime Stop 08600 10111 te kontak of MySAPS-app anoniem te gebruik.

Please share with your friends:


Post navigation

❮ Previous Post: Man Jailed for Life for Rape of Minor
Next Post: ‘N Skreeu uit Pardeneiland ❯

You may also like

Community
Police Operations Yield Positive Results Across the Cape
October 6, 2025
Community
 “Pofadder-Naars” Baklei oor Erwe – Saak beland in hof..!
October 9, 2025
Community
Die Struggle – Hoë Dienste Rekeninge in die Wes-Kaap
April 7, 2025
Community
Skieterye Ruk Wesbank – Inwoners sê Hulle voel “Vergete”
September 22, 2025

Recent Posts

  • CRIME CRACKDOWN ACROSS CAPE FLATS
  • ANC – SACP Rift Deepens
  • Namakwa SAPD versterk Gemeenskapsbande
  • Groot Probleme met Internskappe
  • LEARNERSHIP OUTCRY: Northern Cape Participants

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown