Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us


Lewenslange Tronkstraf Dreig vir Pa en Seun

Posted on April 9, 2025April 9, 2025 By The Editor
Community

Lewenslange tronkstraf dreig vir Moorreesburg-pa en seun in moordsaak.

Berig:- George April

MALMESBURY:- “Word julle skuldig bevind, kry julle lewenslank.”

Dit was na bewering vanoggend die waarskuwende woorde in die Malmesbury Streekhof aan Christiaan Pieters en sy seun, Christiano Solomons, wat tereg staan vir die moord op Jenito Smith in 2022.

Pieters, wat tans ‘n gevangenisstraf uitdien in die Malmesbury Medium Gevangenis, en sy seun Christiano, wat op parool vrygelaat is, staan albei tereg op aanklag van moord.  Dit is nie bekend waarvoor die pa tans tronkstraf uitdien nie. Die senior beskuldigde word aangekla omdat hy na bewering die moordwapen aan sy destyds 14-jarige seun verskaf het, wat Jenito noodlottig gesteek het.

Die hof het die saak uitgestel tot 19 Mei om die twee beskuldigdes kans te gee om regsverteenwoordiging te bekom. Beide het aangedui dat hulle aansoek gaan doen vir Legal Aid om hulle in die verhoor te verteenwoordig.

Hierdie saak het besonder lank geneem om uiteindelik in die hof te verskyn, deels weens ‘n vertraagde polisie-ondersoek. Die Smith-familie het lank gewag vir geregtigheid, en daar was ‘n stadium waar dit gelyk het asof die saak heeltemal stil sou raak. Dit was eers ná druk van gemeenskapaktivis Deon Carelse en volgehoue pogings van die oorledene se ma, Marinda Smith, dat die saak weer aandag gekry het.

Nou, met die saak uiteindelik voor die streekhof, hoop die Smith-gesin dat geregtigheid sal geskied vir hul seun. Die oorledene en die beskuldigdes is almal van Rosenhof, Moorreesburg, en die saak het groot belangstelling uit die gemeenskap gelok.

Enige nuus, stuur gerus ‘n WhatsApp na 067 074 5040

Please share with your friends:


Post navigation

❮ Previous Post: “And The Beat Goes On”
Next Post: Courtroom Summary – Judge Remarks ❯

You may also like

Community
Successful Takedown Operation
April 3, 2025
Community
Gemeenskap Waaksaamheid in Atlantis
March 29, 2026
Community
Communities Bleeding While Justice System Fails
September 5, 2025
Community
1 Year Anniversary of Disappearance
February 10, 2025

Recent Posts

  • West Coast Rising Stars
  • Rugstekery in Saldanhabaai
  • Atlantis Double Murder Case
  • “Cederberg en Ceres Onder Water”
  • War Comes Home

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • May 2026
  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown