Berig – George April
Oudtshoorn::- Waaksaamheid van lede van die Oudtshoorn Misdaad voorkomingseenheid, het Maandag, 12 Augustus 2025, tot die inhegtenisneming van ’n 38-jarige man gelei.
Daar is ook beslaglegging gedoen op dwelms met ’n geskatte straatwaarde van R21 000.
Rondom 12:30 het die polisie op die N12 by die ingang van Oudtshoorn, gereageer, nadat hulle inligting oor moontlike onwettige aktiwiteite van ’n lid van die publiek ontvang het. Lede het ’n man opgemerk wat by ’n voertuig uitgeklim het by ’n gewilde “hiking spot”. Toe hulle hom deursoek, is ’n nabootsings vuurwapen, ’n koeël en 60,32 gram tik in sy besit gevind.
Die items is gekonfiskeer en die verdagte is onmiddellik gearresteer. Hy bly in aanhouding en sal binnekort in die hof verskyn. Hy word aangekla van besit van ’n verbode vuurwapen, onwettige besit van ammunisie, en handel in dwelms.


