Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us


Onophoudelike Uitsettings – Geen Werklike Oplossings

Posted on August 22, 2025 By The Editor
Headline

Kaapstad se Behuisingskrisis

CCN Nuus

Weskaap:- Die Kaapse middestad se haweloosheidskrisis word steeds gekenmerk deur mense wat herhaaldelik verskuif word, terwyl openbare ruimtes met heinings afgesluit word.

Hierdie maatreëls spreek nie die kernprobleem aan nie: ’n kritieke tekort aan goed-geleë, bekostigbare behuising met sekerheid van verblyf.

Volgens wet moet die Stad alternatiewe akkommodasie bied wanneer uitssettings plaasvind, en mense andersins haweloos gelaat word.  In die praktyk beteken dit meestal net ’n beperkte verblyf, by die Stad se sogenaamde Safe Space-skuilings. Hierdie ruimtes bied net tydelike akkommodasie, sonder ’n pad na langertermyn of permanente behuising in die middestad.  Dit dwing mense om weer strate of verlate geboue te beset.

’n Voorbeeld hiervan is die inwoners van Irene Grootboom-huis en Elwyn Court in Vredehoek.  Albei geboue is lank deur die Departement van Openbare Werke verwaarloos, totdat gemeenskappe dit self reggemaak en bewoon het.  Nou staar hulle weer uitssetting en ’n pad terug na haweloosheid in die gesig.

Queenie Mbolo, inwoner van Elwyn Court, sê:
“Ons het die plek reggemaak en ’n tuiste geskep”. “Hier is ons naby skole en werk, en mediese dienste is toeganklik.” Ons sê nee vir verdere verskuiwings,  hierdie is reeds ons huise.”

Lorenzo Johnson van Ndifuna Ukwazi beklemtoon:
“Die protes van gister roep vir werklike gesprek oor ordentlike behuising wat menswaardigheid bevorder.  “Skuilings is reeds oorvol.  “Die hawelose gemeenskappe ken hul eie behoeftes en moet betrek word.”

“‘Niks oor ons –  sonder ons’.”

Die protes van 20 Augustus bring mense van Salt River, Woodstock en die middestad saam, wat die Stad Kaapstad oproep om saam met gemeenskappe oplossings te skep.

Hierdie naweek, 22 en 23 Augustus, sal Ndifuna Ukwazi saam met vennote die Urban Land Justice Gathering by die Waterfront aanbied.  ’N gesprek oor die herverdeling van grond en die dringende behoefte aan regverdige stedelike behuising.

www.nu.org.za

Please share with your friends:


Post navigation

❮ Previous Post: Suksesvolle Polisie – Operasie
Next Post: Baby Dies After Being Caught in Gang Shooting ❯

You may also like

Headline
Nigerian Man & SA Woman heavy sentencing for Drug Dealing
December 5, 2025
Headline
Tina the K9 Hero Exposes a Bigger Problem
July 28, 2025
Headline
Police Intensify Visibility Operations Across Cape Flats
October 9, 2025
Community
Crime on R300
April 7, 2025

Recent Posts

  • CRIME CRACKDOWN ACROSS CAPE FLATS
  • ANC – SACP Rift Deepens
  • Namakwa SAPD versterk Gemeenskapsbande
  • Groot Probleme met Internskappe
  • LEARNERSHIP OUTCRY: Northern Cape Participants

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown