Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us


Groot Klopjag op Onwettige Immigrante en Gekaapte Geboue

Posted on July 3, 2025 By The Editor
Headline

Kenny Kunene slaan toe in Jo’Burg.

CCN Verslaggewing

Johannesburg:-  Die binnestad van die Goudstad het dié week gesidder.

Waarnemende burgemeester Kenny Kunene het persoonlik ‘n grootskaalse klopjag op gekaapte geboue en onwettige immigrante gelei,  die eerste daad sedert hy tydelik die stuur van die stad oorgeneem het.

Met polisie, immigrasie beamptes en kragowerhede aan sy sy, het Kunene Dinsdagoggend koers gekies na ‘n berugte gebou in Marshalltown, waar haglike toestande en onwettige aktiwiteite die afgelope tyd opslae gemaak het.

Gebou sonder wet of orde

Wat die owerhede hier ontdek het, het selfs die geharde Kunene geskok:

Tientalle hokke en makeshift kamers, gebou van sinkplate en karton,

Lewegevaarlike elektriese kabels oral oor die vloer,

Rou rioolwater wat deur die gebou loop, en….

‘n Onwettige dagsorg vir kinders, opgerig met karton en matrasse.

“Dis ’n tragedie en ’n bom wat wag om te bars,” het Kunene gesê terwyl hy self saam met die beamptes deurgeloop en kabels losgetrek het.

Meer as 40 mense in hegtenis geneem

Tydens die klopjag is meer as 40 individue, hoofsaaklik van buurlande, in hegtenis geneem op vermoede dat hulle onwettig in die land is. Volgens owerhede is talle vals identiteitsdokumente, paspoorte en vervalste werkspapiere op die toneel gevind.

Kunene was duidelik –  “Ons gaan hierdie sindikate identifiseer.  As jy hier is sonder regmatige dokumente, gaan jy terug waar jy vandaan kom, dis so eenvoudig soos dit.”

Krag afgesny, waarskuwing aan eienaars

Kragvoorsiener City Power het onmiddellik alle onwettige elektrisiteit afgesny en die gebou in duisternis gedompel.  Kunene het gewaarsku dat alle eienaars van gekaapte geboue twee keuses het:

1. Stap vorentoe en werk saam, of

2. Sien hoe hul eiendom gekonfiskeer word.

“Ons gaan nie langer toekyk hoe mense se lewens in gevaar is, terwyl eienaars sit en geld maak uit ellende nie,” het hy bygevoeg.

Vinger wys na nie-regerings organisasies

Kunene het ook sy frustrasie uitgespreek teen sekere NGO’s en regslui wat volgens hom onwettige inwoners en sindikate beskerm.  “Hulle sit in hul lugversorgde kantore en keer ons elke keer as ons probeer optree.  Maar hierdie keer gaan dit nie werk nie,” het hy gewaarsku.

Politieke konteks – Geen vreemdeling aan kontroversie nie

Kunene, wat ook die adjunkpresident van die Patriotic Alliance (PA) is, is al lank bekend vir sy harde standpunt oor onwettige immigrasie.  In April het hy belowe dat Gauteng ’n “geen-go-sone” vir onwettige immigrante gaan word.

Sy optrede word deur sommige as broodnodig geprys, terwyl ander bekommerd is oor moontlike menseregte-skendings en die regmatige proses.

Die burgemeester belowe dis net die begin.  Verdere klopjagte op onwettige immigrante, gekaapte geboue en gevaarlike strukture in die stad word reeds beplan vir die komende dae.

“Ons vat die stad terug vir ordentlike inwoners, nie vir kriminele en sindikate nie,” het Kunene verklaar.

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: LEAP-Operasie Operasies lei tot Verslaglegfing van Aanvalsgeweer in Gugulethu
Next Post: Major Mandrax Bust ❯

You may also like

Headline
Awareness Story.
January 31, 2025
Headline
Muizenberg in Shock After Triple Murder
August 18, 2025
Headline
Data Driven Policing Yields Results in Manenberg
September 3, 2025
Headline
Gang Violence and Murders Shake Western Cape
November 2, 2025

Recent Posts

  • EXCLUSIVE: Judge Sulet Potterill Assisted Keith Keating to Loot R768 Million from SAPS
  • Justice Delayed – Justice Denied?
  •  Delft-ma kla polisie aan
  • Nege Verdagtes vasgetrek in Atlantis
  • EFF Leader – Julius Malema

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown