Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us


Brutale Polisie Aanranding – Slagoffer sterf

Posted on July 16, 2025 By The Editor
Community

Berig – George April

GENADENDAL – Die gemeenskap van Nuwe Uitbreiding in Genadendal is in skok ná die dood van 36-jarige Reagan Arendse, wat na bewering ná ‘n polisie-aanhouding in Junie aan sy beserings beswyk het.

Volgens die familie en gemeenskapsleiers is Arendse op Donderdag 6 Junie by ’n vriend se huis deur plaaslike polisielede gearresteer, ná hy glo verbind is met ’n diefstalsaak.  Die polisie het hom glo onder ‘n bed gevind, waar hy weggekruip het, waarna hulle hom uitgetrek en glo ernstig aangerand het,  met vuiste, skoppe en knuppels.

Hy is later na die Genadendal-polisiestasie geneem, waar hy bewusteloos gebly het ondanks pogings om hom met ’n tuinslang wakker te kry.  Dié onmenslike behandeling het groot woede in die gemeenskap ontketen.

Arendse is eers omstreeks 19:20 per ambulans na Caledon-hospitaal vervoer, en later na Tygerberg-hospitaal oorgeplaas.  Ná bykans drie weke in die hospitaal is sy familie op 25 Junie meegedeel dat daar niks meer gedoen kon word nie.  Hy is op 27 Junie oorlede,  ironies genoeg op sy pa, Victor Viljoen (56) se verjaarsdag.

“Hy was weerloos.  Hy kon nie eet of self skoonmaak nie, en het doeke gedra.  Ons het altyd met die polisie saamgewerk, maar hierdie keer het hulle hom doodgemaak,” sê sy hartseer moeder, Rolien Viljoen (55), wat ook onthul dat Arendse reeds voorheen aangerand is deur dieselfde beamptes,  wat tot epileptiese aanvalle gelei het.

John Michels, streekleier van die NCC (Neighbourhood Community Council) in die Overberg, het bevestig dat klagtes oor polisiewreedheid al sedert Januarie teen die Genadendal-stasie ingedien is.  “Ons het gewaarsku iemand gaan dood, nou het dit gebeur.  Dié beamptes moet tronk toe en die stasiebevelvoerder moet afgedank word,” het hy gesê.

Die gemeenskap beplan om regstappe te neem, en ‘n versoekskrif vir geregtigheid word reeds opgestel. Ondersoeke deur die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (IPID) sal glo volg.

Please share with your friends:


Post navigation

❮ Previous Post: Ryloop Eindig met Dood in Wolfgat – Reservaat
Next Post: Brutality With Badges – Police Assault Claims Continue ❯

You may also like

Community
Violence Surge Across Cape Town Communities
December 13, 2025
Community
Skietvoorvalle Ruk Manenberg – Anti – Bende Eenheid Slaan Terug
September 19, 2025
Community
Namakwa SAPD versterk Gemeenskapsbande
April 24, 2026
Community
Jong  Weskus Talent  – Bush Radio 89.5 FM!
June 27, 2025

Recent Posts

  • CRIME CRACKDOWN ACROSS CAPE FLATS
  • ANC – SACP Rift Deepens
  • Namakwa SAPD versterk Gemeenskapsbande
  • Groot Probleme met Internskappe
  • LEARNERSHIP OUTCRY: Northern Cape Participants

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown