Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us


’N Jaar later – Historiese Riethuisie wat Stadig Vergaan

Posted on October 15, 2025October 15, 2025 By The Editor
History

HOPEFIELD:- ’N   riethuis  in Hopefield, eens gebou as ’n replika van die kleihuise waarin bruin gesinne tydens apartheid gewoon het,  is letterlik besig om onder die elemente in te stort.

Die huisie, wat volgens kenners ’n “historiese juweel” is, het al jare se verwaarlosing oorleef,  maar tyd raak min.

Die gebou staan op die terrein van die Hopefield Biblioteek en is in die laat 1980’s opgerig met die hulp van ’n erfenisargitek en ’n plaaslike bouer wat die tradisionele boumetodes goed geken het – met riete, klei, onbewerkte hout en pale.

In 2024 het die Cape Argus berig dat die Saldanhabaai Munisipaliteit nie oor die nodige vaardighede beskik om die huisie te herstel nie.  Munisipale woordvoerder Tereza Burger het destyds gesê die gebou is nie amptelik as erfenis verklaar nie, en dat daar “nie die nodige kundigheid beskikbaar is om die struktuur te onderhou of te herbou nie.” Wat volgens baie inwoners onwaar is, en net ‘n verskoning van die munisipaliteit, omdat hulle nie belangstel om dit te herstel nie”, volgens CCN.

’’N Stuk Kultuur Wat Stadig Wegraak

Daar het ná die Cape  Argus publikasie niks verander nie, die huisie het nog verder agteruit gegaan.  Ek het  as voorsitter van West Coast Sports Solutions, verskeie briewe en e-posse aan die Minister van Sport, Kunste en Kultuur  se kantore gestuur , maar word eenvoudig geïgnoreer.

Dis asof ons geskiedenis niks werd is nie.”

Die doel was altyd om die huisie te herstel en dit as ’n toeriste- en opvoedkundige aantrekking te gebruik, veral vir jong mense wat nie meer weet hoe hul ouers en grootouers geleef het nie. “Hierdie huisie is ’n simbool van trots en identiteit.  Dis nie net klei en riete nie,  dis ons bruinmense se storie.”

Die Plig om te Bewaar

Die bewaring van geskiedkundige geboue is nie ’n luukse nie,  dit is ’n plig.  Volgens Suid-Afrika se Wet op Nasionale Erfenis hulpbronne moet alle strukture ouer as 60 jaar deur plaaslike owerhede beskerm word. Om hierdie riethuis te verloor, beteken om ’n deel van Hopefield se bruinmense se geskiedenis vir altyd te verloor.

As skrywer dink ek dis  tragies dat munisipaliteite en ministers eers belangstelling toon as daar kameras op hulle gerig word,.  “Intussen vergaan die simbole van ons kultuur in stilte.”

Oproep aan Maatskappye

 CCN doen nou ’n openbare beroep aan groot maatskappye, sakemanne en organisasies om te help om die huisie te herstel.  “Ons vra nie vir hande uit nie, ons vra vir vennootskap. Enige borgskap kan met ’n belasting vrystelling nommer bevestig word,  sodat ondernemings hul bydraes wettig kan terugvorder.

’N Gemeenskap Wat Stilbly

Intussen bly Hopefield se kinders in die somermaande swem in die vuil soutwater-rivier, tussen slange en besmette water.

“Hoe kan dit normaal wees?”

Wat van kieme en siektes wat kinders kan optel?

Waarom aanvaar ons bruinmense op Hopefield dit net?”

Gaan ons werklik net bly toekyk terwyl ons geskiedenis vergaan – of gaan ons uiteindelik opstaan vir die onreg wat ons bruinmense aangedoen word?

Please share with your friends:


Post navigation

❮ Previous Post: “Accused in Meyiwa Case Breaks Down While Testifying”
Next Post: Treindiens Onderbreking ❯

You may also like

History
Statement on Human Remains Found in Elands Bay
December 21, 2025
History
Historiese Titel – Oorhandiging in Namakwa
August 28, 2025
History
Hopefield Hidden Past: Beyond the Official Story
August 15, 2025
Headline
Historic Title Deed Handover Marks New Chapter for Namaqualand Communities
August 28, 2025

Recent Posts

  • CRIME CRACKDOWN ACROSS CAPE FLATS
  • ANC – SACP Rift Deepens
  • Namakwa SAPD versterk Gemeenskapsbande
  • Groot Probleme met Internskappe
  • LEARNERSHIP OUTCRY: Northern Cape Participants

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown