Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us

Polisie-Optrede lewer sukses tydens feestyd.

Posted on December 21, 2025December 22, 2025 By The Editor
Headline

CCN Nuus

Wes-Kaap:-Gesamentlike misdaad voorkomings optredes tydens die veiliger-feestyd-veldtog in die Wes-Kaap, het beduidende resultate opgelewerVerskeie arrestasies vir die onwettige besit van vuurwapens, ammunisie en dwelms is vanaf Vrydagaand konfiskeer.
Lede van die Lentegeur Misdaad voorkomings eenheid was  besig met roetine patrollies in Woodlands,  toe hulle ’n onbekende man sien weghardloop,  met die aankoms van ’n polisie voertuig.

Die lede het die verdagte te voet agternagesit en hom in Faraday Court vasgetrek.  Tydens ’n deursoeking is ’n 9mm-pistool met 17 patrone in sy besit gevind.  Die man is in hegtenis geneem vir die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie.
In ’n afsonderlike voorval in Diep River het lede van die Mitchells Plain Misdaad bekampings eenheid inligting opgevolg, oor ’n persoon wat vermoedelik dwelms versprei in Main Road.  ’N voertuig is deursoek en 21 000 Mandrax-tablette is gevind.   ’N volwasse man is op aanklagte van dwelmhandel gearresteer.

Intussen het lede van Operasie Lockdown III, ’n perseel in Discoverystraat, Garden Village, Maitland deursoek, waar hulle 2,370 gram tik, vier klein plastieksakkies met kokaïen, sowel as mandrax en dagga, in beslag geneem het.

Nog ’n volwasse man is vir dwelmhandel gearresteer. Die verdagtes sal môre hul eerste hofverskynings maak in die Mitchells Plain-, Wynberg- en Kaapstadse Landdroshowe.

Gemeenskapslede het die polisie se optrede verwelkom. Bonny Poysden het gesê: “Well done… keep taking it off the street. Drugs don’t only destroy addicts, but wonderful families from all walks of life.”
Shannon Lee het bygevoeg: “Well done, every little bit helps!”

Die Wes-Kaapse polisie het herhaal dat hul sigbare optredes tydens die feestyd sal voortduur om gemeenskappe veiliger te hou. ✍️

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: Tesselaarsdal & Stanford Fire Update
Next Post: Kameras skielik verbied in Hopefield biblioteek ❯

You may also like

Headline
Fatal Head-On Collision
March 9, 2025
Headline
PA Mayoral Candidate Visits Israel
July 1, 2025
Headline
10 Jaar Tronkstraf vir poging tot Moord
January 9, 2026
Headline
Quick Action Leads to Arrest
March 10, 2025

Recent Posts

  • SAPS Slaan Toe op Dwelms en Vuurwapens in Malmesbury
  • Western Cape Authorities Seize Illicit Liquor
  • Calvinia SAPS bring Warmte en Hoop
  • Groot Onmin na Koperkabel Diefstal
  • Lutzville-Gemeenskap Verwelkom Konstruktiewe Gesprek

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • July 2026
  • June 2026
  • May 2026
  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown